Bid God Se Waarheid Oor Jou VreseVoorbeeld

Praying God's Truth Over My Fears

DAG 10 VAN 10

Wie is God?

Behalwe dat ons vrae vír God het, het ons God self ook al bevraagteken, nie waar nie? Ons glo dat God alles kan doen, enigiemand kan genees en verhoudings herstel — maar waarom doen Hy dit nie? Dis dán wanneer ons aan die waarheid oor God moet vashou. 

Gebed vir Vandag
Vader, ek sal met my hele hart op U vertrou en nie op my eie insig staatmaak nie. Ek sal U ken in alles wat ek doen en U sal my die regte pad laat loop. Slegs U weet wat goed is vir my, want u paaie is beter as myne en u gedagtes is hoër as myne. Sonder geloof is dit onmoontlik om U te behaag, dus sal ek u aangesig soek en glo dat U dié beloon wat na U soek. Vader, U noem my geseënd, want sonder om te sien, glo ek. U kom altyd u beloftes na en U verander nooit nie. U is my veilige vesting, my hulp, my krag en my beskermer. U is magtig, geklee in majesteit, kragtig, U het meegevoel met my, U is geduldig en stadig om kwaad te word en U het my in oormaat lief. U het die hemele geskape, die droë land gevorm en U is bekend deur al die geslagte heen. U sluimer of slaap nooit nie en hou wag oor my lewe. U het my gevorm, U het die sterre getel en noem elkeen op sy naam. U is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Eerste en die Laaste en daar is niemand soos U nie. 

Aangaande hierdie leesplan

Praying God's Truth Over My Fears

Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.