Bid God Se Waarheid Oor Jou VreseVoorbeeld

Praying God's Truth Over My Fears

DAG 8 VAN 10

Gaan deur Beproewings

As jy kan asemhaal, dan kan jy ook probleme hê. Dit is iets wat die hele mensdom in gemeen het. Wanneer ons deur beproewings en swaarkry gaan, probeer ons alles in ons mag, ook deur by God te smeek, om ons uit die moeilike omstandighede te bevry. Dit is te verstane, maar daar is so baie wat God in en deur ons wil vermag terwyl ons in hierdie beproewings is. Of ons nou tussen beproewings of te midde daarvan is, kom ons soek die Vader soos nog nooit vantevore nie en glo dat Hy ons sal deurdra. 

Gebed vir Vandag
Vader, ek weet nie wat die uiteinde van hierdie moeilike omstandighede gaan wees nie, maar ek weet dat U alles ten goede laat meewerk omdat ek U liefhet. U genade is vir my genoeg en u krag word in my swakheid vervolmaak. Daarom roem ek oor hierdie beproewings en my swakhede, sodat u krag op my mag rus. Wanneer alles verby is, herstel my asseblief en maak my sterk, vasberade en standvastig. Ek weet dat hierdie swaarkry die vrug van deursettingsvermoë, karakter en hoop sal dra. Hierdie tydelike probleme berei my voor vir die ewige heerlikheid, wat beter as enigiets anders is. Help my asseblief om my oë nie te vestig op die tydelike dinge wat verbygaan nie, maar om my oë te vestig op die onsienlike wat ewigheidswaarde het. Dankie dat U my troos in my benoudheid, sodat ek ander weer kan troos. Ek is dankbaar vir moeilike tye, want wanneer ek swak is, dan is ek sterk. Help my om te onthou dat ek meer as 'n oorwinnaar is deur U wat my krag gee. Daarom kan ek u troon van genade met vrymoedigheid nader. 

Aangaande hierdie leesplan

Praying God's Truth Over My Fears

Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.