Bid God Se Waarheid Oor Jou VreseVoorbeeld

Kwynende geloof
Dalk is jy nou op 'n stadium in jou lewe waar jy voel jy het letterlik niks oor nie. Jou geloof is dalk besig om te kwyn, jou twyfel en onsekerheid oorweldig jou, jy vrees die toekoms en jy begin selfs aan God te twyfel. Jy voel jy het niks om enigiemand te bied nie, selfs nie eens jouself nie. Die eenvoudigste taak verg al jou energie en laat jou totaal uitgeput, asof jy 'n maraton gehardloop het. Die goeie nuus is dat die Woord van God 'n perfekte plek is om weer moed te skep.
Verskeie gebede, gebaseer op die Bybeltekste van die dag, word daagliks in hierdie leesplan ingesluit. Dus, of jy op jou knieë neerval terwyl jy uitroep na God, uitroep terwyl jy na die bergtop klim of sommer net sag in jou hart fluister, hou vas aan hierdie waarhede. Nie net vandag nie, maar elke dag. Wanneer ons God se waarheid oor ons lewens verklaar, ontvang ons sy volmaakte krag.
Daaglikse gebed
Here, wanneer my geloof begin kwyn, sal ek op U vertrou. U is getrou en altyd dieselfde; U is gister, vandag en môre dieselfde. Ek mag moeg en moedeloos word, struikel en val, maar ek sal steeds op U hoop en U sal my nuwe krag gee. Met u hulp vergeet ek die verlede en strek my uit na die toekoms. Vader, ek beur vorentoe om my doel te bereik; dit waarvoor U my geroep het. Ek weet dat U die goeie werk sal voltooi wat U in my begin het. Ek weet dat ek alles wat oor my pad kom in u volmaakte krag sal kan doen.
Aangaande hierdie leesplan

Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.
More