Bid God Se Waarheid Oor Jou VreseVoorbeeld

Onvergewensgesindheid
Die omvang van God se vergifnis is ver bo ons verstand verhewe. Hy vergewe ons van al ons skuld. Al verstaan ons dit nie, wil ons dit baie graag aanvaar. Wanneer iemand ons egter seermaak, kwets of aanstoot gee, is dit nie altyd so maklik om te vergewe nie, is dit? Tog moet ons nie net ontvangers van vergifnis wees nie, maar ook gewers daarvan.
Gebed vir Vandag
Vader, U handel nie met ons volgens ons oortredinge nie, dankie daarvoor! U het meegevoel, U is genadig, stadig om kwaad te word en vol liefde. U het vir ons verlossing deur die bloed van Jesus en vergifnis van sondes volgens u groot genade gegee. Ons het almal gesondig en ontbreek aan u heerlikheid. Terwyl ons nog sondaars was, het U Jesus gestuur om vir ons sondes te sterf. Daarom wil ek sagmoedig, vriendelik en vergewensgesind wees, omdat U my in Christus vergewe het. Here, ek sal verdra en vergewe wanneer iemand my te na kom; ek sal ook genadig wees soos wat U teenoor my is.
Aangaande hierdie leesplan

Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.
More