Bid God Se Waarheid Oor Jou VreseVoorbeeld

Vreesagtige Gedagtes
Soms gaan ons gedagtes sommer net in hul eie rigting, nie waar nie? Hoe ons ook al probeer, lyk dit of ons gedagtes ons beheer in plaas van andersom. Tog is dit belangrik om beheer oor ons negatiewe gedagtes te herwin, want ons gedagtes bepaal wat ons sê en doen. Kom ons laat die Woord van God toe om ons gedagtes te rig, sodat ons in oorwinning kan leef.
Gebed vir Vandag
Vader, wanneer ek vrees, sal ek op U vertrou. U het nie vir my 'n gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. U troos gee my hoop wanneer ek begin twyfel. Ek onderwerp myself aan U, staan die vyand teë en dan vlug hy van my af weg. Ek vermy alles wat teenstrydig is met U en u Woord. Ek neem my gedagtes gevange en onderwerp dit aan U. Ek is saam met Christus opgewek en daarom fokus ek my gedagtes op die dinge daarbo; nie op aardse dinge nie. Met u krag sal ek nie aan die wêreld gelyk raak nie, maar sal ek verander word deur die vernuwing van my gedagtes. Ek dink aan alles wat edel, reg, rein, mooi, prysenswaardig, deugdelik en lofwaardig is.
Aangaande hierdie leesplan

Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.
More