Bid God Se Waarheid Oor Jou VreseVoorbeeld

Praying God's Truth Over My Fears

DAG 5 VAN 10

Verhoudings- en Vriendskapsuitdagings

Ons staan in soveel verskillende soorte verhoudings: met ons gades, kinders, vriende, kollegas en families. Omdat niemand perfek is nie, sal ons 'n verskillende mate van spanning ervaar wanneer ons met ander te doen het. Al is sommige verhoudings moeiliker as ander, kan ons deur ander met respek en liefde te behandel, ons deel doen om verhoudings gesond te hou.

Gebed vir Vandag
Vader, help my om ander mense lief te hê en om hulle in blydskap te eer. Help my om nederig, geduldig, sag en liefdevol te wees. Gee my krag om in my verhoudings die vrede te bewaar. Ek sal hulle seën wat negatief praat en ek sal nie kwaad met kwaad vergeld nie. Here, met u hulp sal ek nie toelaat dat ander se aksies my optrede bepaal nie. Ek sal opbou en bemoedig. Ek sal liefde, geduld en goedhartigheid uitstraal. Ek sal waak teen jaloesie, trots, selfvoldaanheid en ongeskikte gedrag. Ek sal met nederigheid ander hoër as myself ag. Sover dit moontlik is, Here, sal ek in vrede met almal leef. 

Aangaande hierdie leesplan

Praying God's Truth Over My Fears

Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.