Bid God Se Waarheid Oor Jou VreseVoorbeeld

Gesondheidsprobleme
Die laaste ding waarmee enigeen van ons te kampe wil wees, is siektes, kwale of gestremdhede. Tog mag dit wel gebeur dat ons een of ander tyd daarmee gekonfronteer gaan word en dat ons dan by God sal smeek vir genesing. Deur hierdie uitdagende valleie van ongesteldhede kan ons vashou aan die hoop wat ons in die Skrif kry.
Gebed vir Vandag
Here, ek gaan nie angstig raak oor enigiets nie, want ek verkies om met gebed en danksegging my versoeke na U te bring. Dan sal u volkome vrede, wat alle verstand te bowe gaan, oor my hart en gedagtes heers. Ek is nie bang nie, want U is met my. U versterk my en help my en U sal my met u eie hand red. U troos die gebrokenes en verbind hulle wonde. U het Jesus gestuur om vir my sonde deurboor te word en deur sy wonde is daar vir my genesing. Eendag sal U al my trane wegvee, want in die hemel is daar geen dood, rou, trane of pyn nie.
Aangaande hierdie leesplan

Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.
More
Verwante Leesplanne

Om op God te Wag

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis

Hantering van Onsekerheid

Beter As Normaal

Hoe Om Mense Lief Te Hê Van Wie Jy Verskil

Wysheid om Reg te Leef

Onbeperkte Liefde

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?
