Bid God Se Waarheid Oor Jou VreseVoorbeeld

Praying God's Truth Over My Fears

DAG 4 VAN 10

Finansiële Uitdagings

Dis nogal maklik om ons hoop op ons geld en besittings te plaas. Om in God se voorsiening in ons lewens te glo, is egter nie so maklik nie. Ons kan ons geld sien en aanraak, maar die vrede wat dit bring, is slegs tydelik. Om ons hoop op iets te plaas wat môre kan weg wees, stel ons bloot aan teleurstelling. Kies vandag om op God se voorsiening en hoop te vertrou. Dit het ewigheidswaarde. 

Gebed vir Vandag
Die aarde behoort aan U en alles wat daarin is. Al die diere in die bos behoort aan U en al die wild op duisende berge. U ken al die voëls van die berge en al wat roer op die veld, behoort aan U. Ek sal oor niks bekommerd wees nie, want U is my Vader en U ken al my behoeftes. U sorg vir die lelies van die veld en die voëls in die lug — hoeveel te meer vir my! U onbeperkte goedheid is beskikbaar vir dié wat op U vertrou. U kan meer doen as wat ek ooit kan vra of dink, deur u krag wat in my werk. Ek sal u koninkryk allereers soek en ek vertrou U om in my behoeftes te voorsien, na die rykdom van u genade in Jesus Christus. 

Aangaande hierdie leesplan

Praying God's Truth Over My Fears

Of dit nou familielede of vriende is wat hul vrese deel en of dit die nuuskanale is met die jongste gebeure, dit blyk dat daar meer as genoeg is om oor bekommerd te wees; en dit skuif 'n mens se fokus na vreesaanjaende omstandighede. Dis in tye soos dié dat mens jou gedagtes met God se waarheid moet vernuwe. Hierdie 10-dag leesplan sal jou help om God se waarheid oor jou hart, siel en verstand af te bid.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.