Gebruiksvoorwaardes

Laas op 2 April 2020 gewysig

Soos aangedui in die beleid hieronder, sal die Engelse weergawe van die Privaatheidsbeleid en Gebruiksvoorwaardes, die amptelike weergawe van jou verbintenis met YouVersion wees. Jy kan ook 'n outomatiese vertalingsplatform soos Google Translate gebruik om die dokumente in jou eie taal te lees. Enige toekomstige hersiene vertalings sal op hierdie blad geplaas word.


Aanvaarding van hierdie Gebruikersvoorwaardes

Deur gebruik te maak van YouVersion-webwerwe, -dienste en mobiele toepassings (gesamentlik "YouVersion"), hetsy as 'n gas of as 'n geregistreerde gebruiker, aanvaar en stem jy in dat jy jou aan hierdie voorwaardes verbind. Lees hierdie voorwaardes noukeurig voordat jy YouVersion begin gebruik, asook YouVersion se Privaatheidsbeleid. As jy nie tot hierdie voorwaardes of YouVersion se Privaatheidsbeleid instem nie, sal jy nie toegang verkry tot of gebruik kan maak van YouVersion nie.

Wysigings aan die Gebruikersvoorwaardes

YouVersion word aangebied deur Life.Church Operations, LLC (“Life.Church”, “ons” of “ons s'n”). Ons mag hierdie Gebruikersvoorwaardes van tyd tot tyd, volgens ons eie oordeel, hersien en bywerk. Enige veranderinge is effektief wanneer ons dit plaas. Jou voortgesette gebruik van YouVersion na die plasing van hersiene voorwaardes, beteken dat jy die wysigings aanvaar en daartoe instem.

Waar YouVersion 'n vertaling van die Engelse weergawe van die Gebruiksvoorwaardes aan jou verskaf het, stem jy in dat die vertaling slegs vir jou gerief verskaf word en dat die Engelse weergawe van die Gebruiksvoorwaardes jou verhouding met YouVersion sal bepaal. As daar enige teenstrydigheid tussen die Engelse weergawe van die Gebruikersvoorwaardes en jou vertaling is, sal die Engelse weergawe voorrang geniet.

Wysigings aan YouVersion

Hoewel ons hoop dat ons altyd YouVersion en al sy funksies kan aanbied, behou ons die reg voor om YouVersion of enige gedeelte of funksionaliteit van YouVersion sonder kennisgewing te verander of te staak. Ons sal nie aanspreeklik wees as YouVersion of enige deel daarvan om watter rede ook al, op enige stadium nie beskikbaar is nie.

Inligting Oor Jouself en Jou Toegang tot YouVersion

Alle inligting wat ons op of deur YouVersion versamel, is onderhewig aan ons Privaatheidsbeleid. Deur YouVersion te gebruik, stem jy in tot alle aksies wat ons onderneem in ooreenstemming met die Privaatheidsbeleid.

Toegelate en Ongemagtigde Gebruik

Jy mag YouVersion gebruik in ooreenstemming met hierdie Voorwaardes vir jou persoonlike en nie-kommersiële gebruik of vir die interne gebruik van jou nie-winsgewende godsdienstige organisasie. Alle regte wat nie uitdruklik aan jou verleen word nie, word deur Life.Church voorbehou. Jy stem saam dat jy nie toegelaat word nie en YouVersion nie soos volg sal gebruik nie:

  • op enige manier wat enige federale-, staats-, plaaslike- of internasionale wet of regulasie oortree;
  • vir die doel om minderjariges uit te buit, skade te berokken of probeer uitbuit of skade berokken, deur hulle bloot te stel aan onvanpaste inhoud, deur hulle persoonlike identifiseerbare inligting te verkry of andersins;
  • om te probeer om jou as enige maatskappy of persoon voor te stel, insluitende Life.Church of enige ander YouVersion gebruiker;
  • om op enige ander manier op te tree, soos deur ons bepaal, wat Life.Church of gebruikers van YouVersion kan benadeel of hulle aanspreeklikheid in gevaar stel;
  • op enige manier wat YouVersion buite werking stel, oorlaai, beskadig of benadeel of inmeng met 'n ander se gebruik van YouVersion;
  • enige robot, spinnekop of enige and outomatiese toestel of proses te gebruik om toegang tot YouVersion te verkry, vir enige doel, insluitende die aksie om YouVersion se inhoud te kopieër of dop te hou;
  • om enige virusse, Trojaanse perde, wurms, logiese bomme of ander materiaal wat kwaadwillig of tegnologies skadelik is, in te stel;
  • om te probeer om ongemagtigde toegang te verkry, in te meng met, te beskadig of ontwrigting te veroorsaak aan enige dele van YouVersion of enige bediener, rekenaar of databasis wat aan YouVersion gekoppel is;
  • om YouVersion aan te val d. m. v 'n ontkenning-van-diens-aanval of 'n gedeelde ontkenning-van-diens-aanval; en
  • andersins probeer om in te meng met die behoorlike werking van YouVersion.

Jy stem ook in dat jy nie materiaal sal stuur, bewustelik ontvang, oplaai, aflaai, gebruik of hergebruik wat:

  • enige materiaal bevat wat lasterlik, onbetaamlik, onsedelik, beledigend, aanstootlik, teisterend, gewelddadig, haatlik, opruiend of andersins aanstootlik is;
  • seksueel eksplisiete of pornografiese materiaal, geweld of diskriminasie op enige basis, insluitend gebaseer op ras, geslag, godsdiens, nasionaliteit, gestremdheid, seksuele voorkeur of ouderdom bevorder nie;
  • inbreuk maak op enige patent, handelsmerk, handelsgeheim, kopiereg of ander intellektuele eiendom of ander regte van enige ander persoon;
  • die wettige regte van ander sal skend (insluitend die regte van publisiteit en privaatheid) of wat enige materiaal bevat wat aanleiding kan gee tot enige siviele of strafregtelike aanspreeklikheid ingevolge toepaslike wette of regulasies nie;
  • enige onwettige aktiwiteit bevorder, of bepleit, of help om enige onwettige daad te bevorder;
  • kommersiële aktiwiteite of verkope, soos kompetisies, weddenskappe en ander verkoopspromosies, ruilhandel of advertensies behels; en/of
  • die indruk skep dat die materiaal voortspruit uit of goedgekeur word deur Life.Church of enige ander persoon of entiteit, indien dit nie die geval is nie.

Gebruikersbydraes

YouVersion bevat interaktiewe funksies wat gebruikers in staat stel om die inhoud of materiaal van ander gebruikers of ander persone (gesamentlik: “Gebruikerbydraes”) op of deur YouVersion te plaas, in te dien, te publiseer, te vertoon of aan ander gebruikers of ander persone oor te dra. Ons onderneem egter nie om gebruikersbydraes of enige ander materiaal na te gaan voordat dit op of deur YouVersion geplaas word nie, en kan nie verseker dat die materiaal wat aanstoot gee, vinnig verwyder sal word nadat dit geplaas is nie. Ons aanvaar dus geen aanspreeklikheid vir optrede of optrede rakende uitsendings, kommunikasie of inhoud wat deur enige gebruiker of derdeparty verskaf word nie.

Alle gebruikersbydraes moet aan hierdie bepalings voldoen. Deur enige gebruikersbydrae op of deur YouVersion te lewer, verleen jy aan ons en ons diensverskaffers, en elkeen van hulle en ons onderskeie lisensiehouers, opvolgers en gevolmagtigdes, die reg om dit te gebruik, te reproduseer, te verander, uit te voer, te vertoon, te lisensieer, te versprei, te openbaar en sodanige materiaal aan YouVersion derdepartye aan te bied. Jy verklaar en waarborg dat jy alle regte in die gebruikerbydraes besit of beheer, en dat jy die reg het om hierdie lisensie toe te staan en dat al jou gebruikersbydraes hierdie voorwaardes nakom. Ons is nie verantwoordelik of aanspreeklik teenoor enige derdeparty vir die inhoud of akkuraatheid van enige bydraes wat deur jou of enige ander gebruiker van YouVersion geplaas word nie.

Rekening Sekuriteit

YouVersion stel gebruikers in staat om 'n rekening ("Lede") te skep wat sekere inligting aan Life.Church moet verskaf. As jy 'n gebruikersnaam, wagwoord of soortgelyke inligting kies, of voorsien, as deel van ons veiligheidsprosedures, stem jy in om die inligting as vertroulik te behandel, en stem jy in om ons onmiddellik in kennis te stel van enige ongemagtigde toegang tot of gebruik van jou gebruikersnaam of wagwoord of enige ander sekuriteitsbreuk. Ons het die reg om enige gebruikersnaam, wagwoord of ander identifiseerder, ongeag of jy dit gekies het of deur ons voorsien is, te eniger tyd te deaktiveer as jy, na ons mening, enige bepaling van hierdie voorwaardes oortree het.

Monitering en Handhawing; Wetlike Nakoming; Beëindiging

U stem in dat ons die reg het om:

  • enige stappe te neem met betrekking tot enige gebruiker, lid se rekening of gebruikersbydrae wat ons volgens ons eie goeddunke nodig of toepaslik ag, indien ons van mening is dat daar 'n skending van hierdie voorwaardes is, inbreuk op regte van derdepartye maak, 'n bedreiging vir die persoonlike veiligheid van ander is, of 'n bedreiging, aanspreeklikheid of skade aan die welwillendheid wat verband hou met YouVersion of Life.Church;
  • gepaste aksie te neem, insluitende en sonder beperking, verwysing na wetstoepassing en openbaarmaking van u inligting, vir enige onwettige of ongemagtigde gebruik van YouVersion; en/of
  • jou toegang te beëindig of op te skort met betrekking tot alle of 'n gedeelte van YouVersion vir enige of geen rede nie, insluitend, sonder beperking van enige oortreding van hierdie voorwaardes.

Sonder om die voorafgaande te beperk, het ons die reg om ten volle saam te werk met enige wetstoepassing owerhede of hofbevel wat ons versoek of opdrag gee om die identiteit of ander inligting te openbaar van iemand wat materiaal op of deur YouVersion plaas. JY DOEN AFSTAND EN HOU NIE VIR LIFE.CHURCH EN SY LISENSIEHOUERS EN DIENSVERSKAFFERS EN AL HUL WERKNEMERS, BEAMPTES, EN DIREKTEURE VERANTWOORDELIK VIR ENIGE EISE WAT VAN ENIGE AKSIE VOORTSPRUIT OP ENIGE VAN DIE VOORGENOME PARTYE GEDURENDE OF AS 'N GEVOLG VAN WETLIKE ONDERSOEKE EN AS GEVOLG VAN ONDERSOEKE DEUR LIFE.CHURCH OF WETSTOEPASSING OWERHEDE NIE.

Jou Afhanklikheid van Inligting

Die inligting wat op of deur YouVersion aangebied word, word uitsluitlik vir algemene inligtingsdoeleindes beskikbaar gestel. Alhoewel ons daarna streef om inligting wat op YouVersion beskikbaar is, in verskillende tale te verskaf, word vertalings van YouVersion-inhoud in ander tale as Engels, aan ons verskaf deur ander partye, en ons verteenwoordig of waarborg nie die akkuraatheid van hierdie vertalings nie. Ons waarborg nie die akkuraatheid, volledigheid of bruikbaarheid van hierdie inligting nie. Indien jy staatmaak op enige sulke inligting, is dit streng op jou eie risiko. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid en verantwoordelikheid wat voortspruit uit enige vertroue wat jy of enige ander besoeker aan YouVersion, in sulke materiaal plaas, of deur enigeen wat oor hierdie inhoud ingelig mag word nie.

Intellektuele Eiendomsregte

YouVersion en sy inhoud, funksies en funksionaliteit (insluitend, maar nie beperk tot alle inligting, programmatuur, teks, skermvertoon, beelde, video en klankbane, asook die ontwerp, keuse en indeling daarvan nie) word deur Life.Church, sy lisensiehouers, of ander verskaffers van sodanige materiaal besit en word beskerm deur die Verenigde State en internasionale kopiereg, handelsmerk, patent, handelsgeheim en ander intellektuele eiendom of eiendomsregte.

Embleme en Ontwerpe

Die YouVersion-naam en -embleem, Life.Church-naam en -embleem, App Icon -embleem, en alle verwante name, embleme, produk- en diensname, ontwerpe en slagspreuke is handelsmerke en/of kopiereg van Life.Church. Jy mag nie hierdie merke en kopiereg gebruik sonder die vooraf skriftelike toestemming van Life.Church nie. Alle ander name, embleme, produk- en diensname, ontwerpe en slagspreuke op YouVersion is die handelsmerke van hul onderskeie eienaars.

Kopieregskending

As jy van mening is dat Gebruikersbydraes of ander inhoud wat op YouVersion gelewer word, jou kopiereg of ander regte skend, kontak ons aangewese agent by: (a) pos aan Legal Department, Life.Church Operations, LLC, 4600 East 2nd Street, Edmond, Oklahoma 73034; (b) skakel ons by 405-680-5433; of (c) elektroniese pos by legal@life.church. Let asseblief daarop, dit is Life.Church se beleid om die rekening van gebruikers wat herhaaldelik oortree, te beëindig.

Derdeparty Skakels en Dienste

YouVersion kan inhoud of skakels insluit na ander webwerwe of hulpbronne wat deur derdepartye verskaf word. Ons het geen beheer oor die inhoud van die webwerwe of hulpbronne nie, en aanvaar geen verantwoordelikheid vir hulle of enige verlies of skade wat mag voortspruit uit jou gebruik daarvan nie. As jy besluit om enige van die derdeparty webwerwe wat aan YouVersion gekoppel is te besoek, doen jy dit op eie risiko en is onderworpe aan die gebruiksvoorwaardes vir sulke webwerwe. Alle uitsprake en/of menings in die inhoud daarvan, en alle artikels en antwoorde op vrae en ander inhoud, behalwe die inhoud wat Life.Church verskaf, is uitsluitlik die menings en verantwoordelikheid van die persoon of entiteit wat daardie materiaal verskaf. Sulke materiaal weerspieël nie noodwendig die mening van Life.Church nie. Ons is nie verantwoordelik vir of aanspreeklik teenoor jou of enige derdeparty vir die inhoud of akkuraatheid van enige materiaal wat deur enige derdeparty verskaf word nie.

Geografiese Beperkings

Life.Church, die eienaar van YouVersion, is gevestig in die staat Oklahoma in die Verenigde Statevan Amerika. Ons maak geen aansprake dat YouVersion of enige inhoud daarvan buite die Verenigde State toeganklik of toepaslik is nie. Toegang tot YouVersion mag dalk nie deur sekere persone of in sekere lande wettig wees nie. As jy toegang tot YouVersion verkry van buite die Verenigde State, doen jy dit op eie inisiatief en is jy verantwoordelik vir die nakoming van plaaslike wette.

Vrywaring van Waarborge

Jou gebruik van YouVersion, die inhoud en enige funksionaliteit, dienste of items wat verkry word deur YouVersion, is op jou eie risiko. Alles word verskaf op 'n basis van "vat dit soos dit kom" en "soos wat dit beskikbaar is", sonder enige waarborge, hetsy vermeld of ingeslote. Nie Life.Church of enige persoon wat met Life.Church geassosieer word kan enige waarborg of verteenwoordiging verskaf ten opsigte van die volledigheid, veiligheid, betroubaarheid, kwaliteit, akkuraatheid of beskikbaarheid van YouVersion nie. Sonder om enige beperkings te stel op die voorafgaande aspekte, kan Life.Church of enige iemand wat met hulle geassosieer is, nie waarborg dat enige funksies, inhoud of dienste akkuraat, betroubaar, foutloos of sonder onderbreking aangebied sal word nie. Ons waarborg ook nie dat probleme opgelos sal word of dat YouVersion of die bediener wat hulle gebruik, sonder virusse is of enige ander skadelike komponente is nie. Ons waarborg ook nie dat YouVersion of enige dienste of items wat hulle lewer, aan jou behoeftes en verwagtinge sal voldoen nie.

Life.Church word hiermee gevrywaar van waarborge van enige aard, uitgedruk of geïmpliseer, statutêr of anders, insluitend maar nie beperk tot enige waarborge van verhandelbaarheid, nie-oortreding en geskiktheid vir bepaalde doeleindes nie.

Die voorafgaande bepalings beïnvloed geen waarborge wat nie onder toepaslike wet uitgesluit of beperk kan word nie.

Beperking op Aanspreeklikheid

Onder geen omstandighede sal Life.Church, sy lisensiehouers, diensverskaffers of enige een van hulle werknemers, agente, beamptes of direkteure aanspreeklik wees vir skade van enige aard, onder enige wetlike voorskrifte, voortvloeiend uit of in verband met jou vermoë of onvermoë om YouVersion te gebruik nie. Dit het ook betrekking op enige webwerwe met skakels na YouVersion, of enige inhoud of dienste wat deur hulle aangebied of verkry word. Dit sluit enige direkte, indirekte, spesiale of toevallige, gevolglike, of strafmaatreël skade in wat die volgende mag insluit, maar nie net tot dit beperk is nie: persoonlike beserings, pyn en lyding, emosionele nood, verlies aan inkomste, verlies van winste, verlies van 'n besigheid of verwagte spaargeld, verbruiksverlies, verlies van goedertrou, verlies van data. Al word dit veroorsaak deur reklamefoefies (insluitend nalatigheid), verbreking van 'n kontrak of enige iets anders wat gebeur het nie of selfs al was dit onvoorsiens.

DIE VOORAFGAANDE BEÏNVLOED GEEN AANSPREEKLIKHEID WAT NIE ONDER TOEGEPASTE WETGEWING UITGESLUIT OF BEPERK KAN WORD NIE.

Vrywaring

Jy stem in om Life.Church en sy verbintenisse, lisensiehouers en diensverskaffers, en onderskeie beamptes, direkteure, werknemers, kontrakteurs, agente, lisensiehouers, verskaffers, opvolgers en toegewysdes van en teen enige eise, verpligtinge, enige skade, oordele, toekennings, verliese, kostes, uitgawes of fooie (insluitend billike prokureursfooie) wat mag voortspruit uit of verband hou met jou oortreding van hierdie Voorwaardes of jou gebruik van YouVersion, insluitende, maar nie beperk tot, jou Gebruikersbydraes, enige gebruik van YouVersion se inhoud, dienste en produkte anders as wat uitdruklik gemagtig is in hierdie Voorwaardes of jou gebruik van enige inligting verkry deur YouVersion, vry te stel.

Regswetgewing en Jurisdiksie

Alle aangeleenthede, geskille of eise wat verband hou met YouVersion en hierdie Voorwaardes (insluitend nie-kontraktuele geskille of eise) sal onderworpe wees aan en uitgevoer word in ooreenstemming met die interne wette van die staat Oklahoma, sonder om enige keuse of konflik van wetgewing of reël te bevoordeel. Enige regsgeding, aksie of proses wat voortspruit uit of verband hou met hierdie Voorwaardes van YouVersion, sal uitsluitlik in die federale howe van die Verenigde State of die howe van die staat Oklahoma ingestel word in die Stad Oklahoma City, Oklahoma County. Deur hierdie bepalings te aanvaar en YouVersion te gebruik, doen jy afstand van enige en alle besware teen die uitoefening van jurisdiksie oor jou deur sodanige howe en wat in sodanige howe plaasvind.

Ontheffing en Skeidbaarheid

Life.Church mag slegs van sy regte onder hierdie Voorwaardes afstand doen deur dit op skrif te stel. As enige bepaling van hierdie Voorwaardes deur 'n hof of ander regsbank of bevoegde regsgebied ongeldig, onwettig of onuitvoerbaar verklaar word, sal daardie bepaling verwyder of tot die minimum beperk word, sodat die oorblywende bepalings van hierdie Voorwaardes ten volle van krag sal wees.

Die Hele Ooreenkoms

Hierdie Voorwaardes en ons Privaatheidsbeleid maak die enigste en volle ooreenkoms tussen jou en Life.Church Operations, LLC uit, met betrekking tot YouVersion, en vervang alle vorige en gelykstaande veronderstellinge, ooreenkomste, verteenwoordigings en waarborge, geskrewe en mondelings, met betrekking tot YouVersion.

Jou Kommentare en Bekommernisse

YouVersion word bedryf deur Life.Church Operations, LLC, 'n geslote aanspreeklikheidsmaatskappy in Oklahoma. Alle terugvoer, kommentare en versoeke vir tegniese ondersteuning en ander kommunikasie wat met YouVersion verband hou, moet gerig word aan: YouVersion Support, 4600 E. 2nd St., Edmond, Oklahoma 73034 of help@youversion.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid