Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 13 VAN 25

Menslik gesproke was Elisabet te oud om 'n baba te kry. Haar liggaam het lankal nie meer die vermoë gehad om voort te plant nie. Selfs in haar jong dae kon sy nie swanger raak nie. Sy was nou amper 90 jaar oud en daarom was dit nie menslik moontlik dat dit ooit sou gebeur nie. Daar was nie 'n greintjie hoop nie!



God kan egter alle menslike standaarde oorskry. Sy planne is beter as ons s'n en het geen perke nie.



“Toe die tyd gekom het dat Elisabet se kind gebore moes word ...” Hierdie "tyd" was seer sekerlik nie Elisabet se gekose tyd nie. God het besluit dit was nou tyd dat haar gebede beantwoord word, sodat sy plan uitgevoer kon word en wonderwerke kon plaasvind. Moet nooit dink dat God van jou vergeet het of nie jou gebede gehoor het nie. Wanneer dit die regte tyd is volgens God se plan, sal jy geboorte gee aan alles wat God vir jou beplan.



“Haar bure en familie het gehoor dat die Here aan haar groot ontferming bewys het, en hulle was saam met haar bly.”



Ek glo dat die Here dikwels op ons desperate gebede antwoord met 'n "wag". Dit gebeur sodat sy heerlikheid openbaar kan word in plaas van menslike pogings. Die meeste vroue kan in hulle tiener- en twintigerjare kinders hê, maar dit is net die ingryping van God wat 'n vrou die wonder van geboorte kan laat ervaar in haar agste dekade van lewe!



Kan jy jou die vreugde van haar familie en bure voorstel? Kan jy jou voorstel hoe die vroue in die dorp se strate gedans het? Kan jy in jou geestesoog sien hoe haar vriende hulle hande oplig om Yahweh te prys?



Terwyl Johannes in sy ma se arms lê, en sy pa Sagaria, wat amper 100 jaar oud is, na hom kyk, is God verheerlik. Gebede is beantwoord. Hulle verhaal het pas begin.



Die storie van Elisabet en Sagaria is een wat 'n mens aanmoedig om 'n regverdige lewe te lei en dit wys net weereens wat aanhoudende gebed kan vermag. God is in beheer van al jou bekommernisse. Sy werk is om wonderwerke te laat gebeur ... jou werk is om aanhoudend te bid en 'n lewe te lei wat sy hart bly maak.
Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid