Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 12 VAN 25

Ek geniet dit om mense deurentyd dop te hou, en veral tydens Kersfees fassineer mense my. Terwyl ek in die ry by die poskantoor staan en wag om pakkies en kaartjies weg te stuur, luister ek hoe mense praat oor hulle vakansieplanne en -frustrasies. Ek geniet dit om in die winkelsentrum my aandag op almal rondom my te fokus. Ek probeer om nie ongeduldig te wees nie en verkyk my aan almal wat geskenke koop en uitverkopings ondersteun.



Wil jy saam met my na die wonderlikste Kersfeesgesprek in die geskiedenis luister? Ek glo dit sal jou hart vir altyd verander!



Nadat Elisabet die Babaseun in Maria se maagdelike skoot geseën het, het Maria begin om die Here te prys. Sy het uit haar hart uit aanbid! Ek het al dikwels gewonder of sy op haar knieë geval en haar hande na bo gelig het!



“My siel verhef die Here!” Hierdie eenvoudige uitroep was die eerste woorde wat uit Maria se mond gekom het toe sy nog by Elisabet was. Maria se woordkeuse was baie mooi, as 'n mens in gedagte hou dat die "siel" die geboorteplek van passie, emosies, weersin en begeertes is. Maria se siel was nie verward of in ontkenning nie – sy het verklaar dat haar emosies en begeertes haar altyd tot aanbidding sal lei, ten spyte van omstandighede of gebeure in haar lewe.



“My hart is bly oor God my Redder.” Maria se siel en gees het 'n pragtige duet van dankbaarheid gesing. Die begeerte na die Here en alles wat Hy vir jou het, is in 'n mens se gees gesetel. Uit jou gees kan jy in geloof lewe en nie deur dit wat jy kan sien nie. Op hierdie stadium in Maria se lewe was haar reaksie op haar gemeenskap met die Gees van God dieselfde: opregte blydskap!



Hoe reageer jy op omstandighede of gebeure wat jy nie verstaan nie, of nie self gekies het nie? Wat doen jou siel hierdie Kerstyd? Is jou siel buite beheer en spandeer jy te veel geld, eet jy te veel of is jy ongeduldig met almal en alles? Of het jou siel, soos Maria s'n, gekies om die Here se Naam groot te maak?



My gebed is dat jou gees én siel op hulle knieë sal val en dat jy jou hande en stem na die hemel sal ophef!



“My siel maak die Here groot! En my gees is bly oor God my Verlosser.”
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid