Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 15 VAN 25

Die reis van 129 km van Nasaret tot by Betlehem, het vir Maria en Josef seker omtrent 'n week geneem, as gevolg van Maria se gevorderde swangerskap. Die tydsberekening van die reis was ongeleë, maar dalk was dit goed om weg te kom van al die geskinder in hulle dorpie en die ou vrouens wat die maande op hulle vingers aftel. Keiser Augustus het 'n sensus uitgevaardig en daarom moes Maria en Josef so ver van hulle tuisdorp af reis om te gaan registreer.



Daar was baie mense in die strate toe Maria en Josef in Betlehem aangekom het. Maria het in daardie oomblikke in die skares, die eerste geboortepyne begin ervaar. Dalk het haar water gebreek in die oorvol straat. Haar klere en die donkie waarop sy gery het was dalk nat.



Het sy dalk saggies in pyn gefluister: "Josef! Kry nou asseblief vir my 'n plek om te rus!"



Josef kon niks vind nie, net 'n soort grot ... 'n stoor ... 'n stal waar hy vinnig voorbereidings moes tref vir die geboorte van sy Seun.



Die stal was heel moontlik vol van al die besoekers se diere. Die reuk van mis en urine was onvermydelik en ek kan my voorstel dat dit moeilik was vir Josef om 'n skoon plek in die hooi te vind. Dalk het daar muise rondgeskarrel terwyl Josef 'n plekkie vir Maria en die baba skoongemaak het. Die koeie het hooi geëet en die skape het geblêr terwyl Maria in kraam was. In hierdie eenvoudige, menslike omstandighede het die Redder van die mensdom in die wêreld gekom!



My hart ruk as ek my die prentjie voorstel: 'n tiener ma wat haar babaseun vir die eerste keer sien! Sy het in die gesig van God gestaar ... en Hy het na haar gekyk. God het sy klein handjie rondom haar vinger geklem, en om haar hart ook.



Hy was haar Seun ... en Hy was ook haar Here. Hy was haar Baba ... en Hy was ook haar Koning.



Sy kon nie haar oë van Hom afhou nie. Dis hoe groot haar liefde vir hierdie Kind was. Die grootste wonderwerk van alles was dat Hy nie sy oë van haar kon afhou nie, omdat sy liefde vir die mensdom so groot was.



Moenie die ware betekenis van Kersfees miskyk nie. Wees bewus daarvan dat toe Jesus gebore is, Hy ook vir jou gebore is. Laat die Baba in die krip toe om jou hart met sy liefde te omvou.
Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid