Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 14 VAN 25

Bybelse geskiedkundiges glo dat daar soveel as een miljoen mense in die strate van 'n klein dorpie met die naam "Betlehem" geloop het.



Wat sou gebeur as een miljoen mense na jou dorp toe kom? Hoe sou dit die verkeer beïnvloed? Of die rye in die winkels? Of die alreeds oorvol hotelle?



Ons het nog nie "besig" ervaar soos die dorp Betlehem daardie geskiedkundige nag nie. Donkies het gebalk, straatverkopers het geskree, daar was karavane kamele, mense, belastinggaarders en raadslede. Hulle was almal besig om hulle pad oop te druk en stoot, in die strate van Betlehem. Op elke hoek van elke straat was die stank van dieremis en sweterige liggame.



Mense was senuweeagtig, hulle beursies was leeg en hulle was ontevrede met die geldgierige regering! Dit was 'n mengelmoes wat nie geweet het waar hulle was of hoe hulle by hul bestemming moes uitkom nie. Klink dit nie baie soos die 21ste-eeu nie?!



God kies hierdie tyd van chaos en verwardheid ... van senuwees wat aan flarde is en ekonomiese ineenstorting ... as die geboorteplek van sy Seun. God het gekies om die verkeersknope van die mensdom, met sy Seun binne te dring.



Ons het toegelaat dat ons lewens so chaoties, verward en buite beheer is soos enige ander stad of deel van die wêreld en soos in enige tyd in die geskiedenis. Die wonder van Kersfees is dat sy teenwoordigheid die doel van al die bedrywighede verander!



God wil ons buitensporige lewenswyses vereenvoudig en daarom het hy die Prins van Vrede gestuur.



God het geweet dat ons 'n antwoord sou nodig hê vir ons spanningsvolle lewens en ineenstortings, en toe stuur Hy die hemel se Liefling as antwoord.



Te midde van die mensdom en eindelose stemme, is 'n Redder gebore. My gebed hierdie jaar is dat jy, te midde van jou baie besige lewe, tyd sal hê om met bewondering na die Baba in die krip te staar.



Moenie die Goddelike afspraak met Kersfees misloop omdat jy so vasgevang is in die tydelike aspekte van die feestyd nie. Die heerlikheid van Kersfees is die wonder van sy teenwoordigheid ... 'n baba wat in 'n krip lê.
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid