Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 18 VAN 25

Engele is 'n onmisbare en belangrike deel van die Kersverhaal. Kersfees kon nie plaasvind sonder hierdie Godgegewe boodskappers uit die hemel nie. Ons weet nie of die engele lang, wit klede aangehad en of hulle 'n blink stralekrans gehad het nie. Ons weet ook nie of hulle met vlerke gevlieg het nie, maar ons weet wel dat hierdie engele 'n boodskap uit die hart van God oorgedra het!



Engele kom vier keer voor in die tradisionele Kersverhaal. Al het hulle elke keer 'n ander stukkie inligting oorgedra, is hulle boodskap dieselfde: “Moenie bang wees nie!” Dis wat die engel vir Sagaria, Maria, Josef en die skaapwagters gesê het.



“Moenie bang wees nie!”



Ek glo dat dit die boodskap is wat die hemel hierdie Kersfees vir jou stuur. Kersfees verklaar dat Jesus en vrees nie in dieselfde asem genoem kan word nie. As Jesus by jou is, is daar geen rede om bang te wees nie. Sy teenwoordigheid verdryf alle redes wat jy mag hê om bang te wees.



Dit is hoog tyd dat jy wegbeweeg van jou vrese af en in sy teenwoordigheid inbeweeg. Ek bid hierdie Kersfees dat jy elke dag van die nuwe jaar mag besef, wanneer Jesus in jou hart gekom het, daar geen rede is om bang te wees of om jou oor enigiets te bekommer nie. Die boodskap van Kersfees het nie veel verander oor 2000 jaar nie en ek kan jou waarborg dat die woorde van die engele nog steeds helder weerklink in die 21ste-eeuse wêreld: “Moenie bang wees nie!”



Wanneer jou omstandighede baie sleg is, herinner jouself: “Moenie bang wees nie!”



As daar nie genoeg geld is om die rekeninge te betaal nie, herinner jouself: “Moenie bang wees nie!”



Wanneer jy voor teleurstelling, pyn of eensaamheid te staan kom, herinner jouself: “Moenie bang wees nie!”



God het belowe dat Hy sy vrede sal gee aan hulle wie se hart en siel op hom gefokus is. Vrede is nie die afwesigheid van moeilikheid nie, maar die teenwoordigheid van God. Jy kan hierdie Kersfees, en elkeen daarna, in Jesus se oorweldigende en bevredigende vrede rus vind!
Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid