Leesplan inligting

Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 17 VAN 25

Vroeg in November het David Taylor eendag baie hartseer en moedeloos huis toe gekom. Met trane wat oor sy sproetgesiggie rol, het hy vir sy ma vertel dat sy juffrou gesê het hy kon nie in die Kersspel sing nie.



“Sy het gesê ek sing lelik en te hard,” het David tussen huilbuie deur verduidelik.



Waar David se pa die koerant sit en lees het, het hy gehoor hoe hartseer sy seun was. Meneer Taylor was verontwaardig en briesend. Hoe kon 'n onderwyseres so teenoor 'n kind optree?



Meneer Taylor het besluit om sy kind te leer sing. Na aandete het hy David na die sitkamer toe geneem en hom langs die klavier laat staan. Daar het Meneer Taylor die bekende lied, “It Came Upon a Midnight Clear", begin speel. Toe David begin sing het dit geklink soos 'n kat wat skree.



“David, as jy sing moet jy ook luister. Luister ... en sing dan,” het sy pa geduldig gesê.



David se tweede probeerslag was nog erger as die eerste een! Net voor sy pa wou moed opgee, het hy gedink aan die ongevoelige onderwyser en besef: “As 'n pa dit nie doen nie, wie anders sal dan?"



Elke aand het meneer Taylor en David tyd deurgebring om die lied te oefen. Gou-gou was dit al Desember. “Vrede op aarde en 'n welbehae in die mens ...”



Toe die dag aanbreek dat David vir sy juffrou moes sing, het sy gesê dat hy deel mag wees van die Kersspel en David het voor in die middel gestaan. Hy het met 'n engel stemmetjie, op die noot, gesing en die lied geëindig met die woorde: “The world in solemn stillness lay to hear the angels sing!”



Op Oukersaand het meneer Taylor by die venster uitgekyk en sy seun in sy nagklere in die voortuin sien staan terwyl hy na die hemel kyk.



Sy pa het saggies by die voordeur uitgegaan en sy arms om David gesit sonder om 'n woord te sê. Sy seun het teen sy bors geleun en gesê: “Pa, die wêreld is stil. Net soos die lied sê.”



“Pa, hoor jy hulle? Hoor jy die engele sing? Ek hoor hulle. Pa, hoor jy hulle?"



Die pa het gedink hy leer sy seun om 'n oulike kersliedjie te sing, maar in werklikheid het die seuntjie hulle altwee geleer om te luister ... om te luister na die engele se gesang.
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige wêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word e...

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid