Leesplan inligting

Streef Na VredeVoorbeeld

Pursuing Peace

DAG 5 VAN 7

In Vrede met die Verlede  

Dit is 'n groot uitdaging om vrede te maak met jou verlede, of dit nou 'n besluit is wat jy berou en of dit iemand is wat jy moet vergewe. Dit is belangrik dat jy vrede sal maak met die verlede, sodat dit vandag geen houvas op jou en jou toekoms kan hê nie. Verbeel jou dit is soos om fiets te ry. As jy aanhou terugkyk, of net afkyk, sal jy definitief teen iets vasry. Dit is belangrik om vorentoe te kyk en betrokke te raak by die nuwe dinge wat God besig is om te doen. 


Die beste manier om vrede te maak met die verlede, is om te kies om te vergewe. As jy iemand vergewe wat jou seergemaak het, beteken dit nie dat jy dit wat hulle gedoen het, goedkeur nie. Dit beteken eerder dat jy jouself toelaat om met jou lewe voort te gaan. Jou wonderlike verlede is goed vir twee dinge: om van die lewe te leer en om dít te geniet wat God vir jou gegee het.


Afrika Spreuk:

As daar vrede in die land is, hoef die hoofman nie 'n skild te dra nie. ~ Ugandese spreuk


Vrede en versoening is 'n proses van genesing waarvan "Tearfund" geseënd is om deel te wees. Hier is een storie van Rwanda, oor hoe vergifnis diep wonde kan genees.

Aksie: 


Is daar situasies waarin jy voel dat jy 'n skild dra, as gevolg van 'n gebrek aan vrede? As jy dapper voel, gaan na jou plaaslike begraafplaas en stap daardeur om perspektief op die verlede te kry. Baie grafstene het 'n laaste boodskap van geliefdes wat sê: "Rus in Vrede". Gee jouself tyd om openlik en eerlik met God te wees en vrede met jouself te maak as jy spyt is oor dinge wat jy gedoen het of onvergewensgesind oor die verlede is. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Pursuing Peace

"Tearfund" soek God se leiding oor hoe om 'n stem vir vrede, herstelde verhoudings en samehorigheid tussen gemeenskappe regoor die wêreld te wees. Hierdie 7-dag leesplan het daaglikse aksies om jou eie gebroke verhouding...

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid