Streef Na Vrede

Dag 4 van 7 • Vandag se leesstuk

Oordenking

Vrede Met Jouself 

So dikwels vind die grootste geveg vir vrede in onsself plaas. Daar is 'n storie van 'n oupa wat die volgende vir sy kleinseun gesê het: "Dit voel vir my of daar twee wolwe binne-in my hart aan die baklei is. Een wolf is wraaksugtig, kwaai en geweldadig. Die ander wolf is liefdevol en barmhartig." Die kleinseun vra toe vir hom: "Watter wolf wen die geveg in jou hart?" Die oupa antwoord toe: "Die een wat kos kry."

Ons maak die keuse waarmee ons ons siele voed. Watter gedagtes koester jy oor jouself? Ons moet elke dag ons gedagtes konfronteer en versigtig wees hoe ons ons bekommernisse hanteer. Die Skrif moedig ons aan om vrede in onsself te vind deur ons bekommernisse vir God te gee en Hom toe te laat om ons harte en gedagte te beskerm, selfs al gaan dit ons verstand te bowe. 

Afrika Spreuke:

Die vel van die luiperd is baie mooi, maar sy hart is nie. ~ Balubaaanse spreuk

Daar is 'n aangrypende artikel op Tearfund se Rhythms webtuiste wat die moeite werd is om te lees. Die vraag word gevra of daar deesdae 'n verband is tussen ons identiteit en die klere wat ons dra.

Aksie: 

Ons vind dikwels ons identiteit in dinge en besittings. Gaan na jou gunsteling klerewinkel, nie om iets te koop nie, maar loop net deur die gangetjies en dink na oor jou behoeftes. Bid 'n gebed van prys, omdat God jou met Sy geregtigheid klee. Vra Hom om jou aan te raak en loop leë hande by die winkel uit, met die wete dat jy na iets gaan soek het wat net God vir jou kan gee.