Streef Na Vrede

Dag 3 van 7 • Vandag se leesstuk

Oordenking

Vrede Met Ander

In sommige kerke is daar 'n aksie wat uitruiling van vrede genoem word. Dit simboliseer Christen liefde en eenheid wat onder gelowiges gedeel word. As ons gewoond raak daaraan om tradisies te volg, kan ons so gou die betekenis daarvan vergeet. 'n Sterk gemeenskap is een wat in vrede leef en dit in ander se lewens saai. Individualisme is prominent in ons samelewing. Dit veroorsaak hoë mure wat afgebreek moet word as ons liefde en vrede aan ander wil gee wat ons nie ken nie. 

Om vrede te gee kan so maklik wees soos om 'n bejaarde buurvrou te besoek, iemand 'n glas water te gee, kos te gee vir armes of om vir 'n kind te sorg. Dalk moet ons iemand vergewe wat ons te na gekom het, namens die onderdruktes praat, die ekstra myl saam met iemand loop of net jammer sê. Hierdie dade moet met gebed deurweek word. Bid vir ware vrede en dat die Koninkryk van God op aarde gebou sal word.

Afrika Spreuke:

Wanneer daar vrede in die land is, hoef die hoofman nie 'n skild te dra nie. ~ Ugandese spreuk

Wanneer 'n koning goeie raadgewers het, heers hy in vrede. ~ Ashanti spreuk

Tearfund sien ware stories van verandering en vrede wat versprei word. Lees 'n storie van 'n Tearfund vennoot wat gehelp het om die haat in 'n Nigeriese gemeenskap uit te roei.

Aksie:


Moet jy vrede maak in 'n verhouding met iemand? Vra die persoon om jou iewers te ontmoet en verduidelik waarom jy vrede wil maak. Vra God hoe jy Christelike liefde en vergifnis kan bied.