Streef Na Vrede

Dag 1 van 7 • Vandag se leesstuk

Oordenking

Vrede met God

Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het. (Romeine 5:11)

Die soeke na vrede is 'n reis wat ons self kan aanpak. Vrede kan op baie plekke gevind word. Of ons nou by die spa, gimnasium of waar ook al ontspan, is dit 'n goeie idee om doelbewus 'n welverdiende stil plekkie te soek. 

Die woord heiligdom (sanctuary) kom uit Latyn (sanctus) wat heilig beteken. In ons soeke na vrede moet ons nie vergeet wat heilig is nie. 

Ons verhouding met God is deur Jesus versoen. Jesus het ons in 'n lewende verhouding met die Vader gebring, wat ons toelaat om vriende van God genoem te word. 


Net soos met alle ander vriendskappe, moet ons eerlik en kwesbaar wees om daardie verhouding te laat verdiep. Neem die dinge wat jy moet opoffer na God, en soek Sy liefdevolle goedhartigheid, want dit sal vir jou vrede bring. Vra Hom om aan te hou om jou na die beeld van Christus te vorm.

Afrika Spreuk

Wys vir my jou vriend en ek sal vir jou jou karakter wys. ~ Afrika Spreuk

Aksie: 

Gesels met een van jou beste vriende oor dit wat jy omtrent julle vriendskap waardeer. Dink dan na oor hoe jy 'n soortgelyke verhouding met God kan opbou, omdat Hy jou Sy vriend noem.