Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 1 VAN 14

WELKOM AANBOORD


Elia het nog altyd my belangstelling geprikkel. Die Bybel wys vir ons dat Elia 'n mens net soos enige van ons was. Tog wys sy verstommende voorbeeld vir ons dat ons gebede uitdagend en onverskrokke moet wees. Elia se gebede het nie oor sy persoonlike behoeftes gegaan nie. Sy gebede se invloedsfeer was op die hele volk Israel gerig. Sy gebede het 'n oop deur na voorspoed geword, nie net in sy eie lewe nie, maar vir die hele volk.


Wat is onverskrokke gebede? Dit is gebede wat 'n aardse lisensie gee vir hemelse ingrype om die ondenkbare en die ongekende te bereik. Baie keer kom ons in die versoeking om net gebedsversoeke te neem wat al 'n geskiedenis van verhoring het. Ons vra God vir dieselfde wonderwerk wat in iemand anders se lewe gebeur het. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur as ons net die geloof het om te vra vir dit wat oneindig ver bo en buite menslike bereik is.


Waaroor kan ons bid? Enigiets. 'n Probleem waaroor nie gebid word nie, is 'n pyn waaraan nie aandag gegee is nie. Gebed is nie net om met God oor ons behoeftes te praat nie. Ons kan God van enigiets vertel — ons sondes, vrese, verslawings, daardie diep, lelike geheim wat ons in die diepste van ons wese wegsteek, asook ons ergste verleenthede.


Wanneer kan ons bid? Gebed is om oor enigiets met God te praat. Ons kan Hom sonder ophou vertel van alles wat in ons lewens gebeur, net soos dit gebeur. Die Bybel spoor ons aan om onophoudelik met Hom te praat soos ons met 'n vriend sou praat. In plaas daarvan om ons probleme na mense, die polisie, die kroeg, of na die hof te neem — moet ons dit na God toe neem.


Worstel jy met jou gebedslewe? Voel jy 'n oorweldigende wolk wat jou gedagtes wil aflei elke keer as jy begin bid? As dit die geval is, is hierdie 14-daglange reis vir jou bedoel. Terwyl jy die Heilige Gees toelaat om jou in hierdie reeks te bedien, sal jy aan die einde van die reis as 'n sterker en kragtiger gebedsstryder na vore tree.


Oordenking:


1. Skryf daardie probleme, verslawings en sondes neer wat vir jou te groot is om te hanteer.


2. Wat verhinder jou geloof? Lys die vrae, gedagtes en vrese wat by jou opkom terwyl jy bid.


3. Lys die dinge wat jou aandag aftrek terwyl jy bid.


Praat met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid