Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 14 VAN 14

DIE ALLERHOOGSTE BEMAGTIGING VAN JOU GEBEDSGESAG


Terwyl ons deur die evangelies lees, sien ons die een ding wat die dissipels vir Jesus gevra het om hulle te leer: "Here leer ons bid ..." (Lukas 11:1b). Hulle het die onderliggende beginsel van Jesus se bediening verstaan – die ure wat Hy in gebed deurgebring het, het Jesus in staat gestel om wonderwerke in 'n oogwink te verrig. Wat Jesus in privaatheid gedoen het, was die dryfveer van wat Hy in die openbare oog gedoen het. Kom ons ondersoek die verskillende dimensies van die krag van gebed:


  • Krag oor 'n afstand: Gebed het die krag om grense te oorskry en wonderwerke te verrig. Johannes 4:50 gee vir ons 'n voorbeeld. Toe 'n koninklike amptenaar in Kana vir Jesus kom vra om sy sterwende seun in Kapernaum (ongeveer 32 km daarvandaan) te genees, het Jesus vir hom gesê: “Gaan maar huis toe, jou seun lewe!” Dit maak nie saak waar jou probleem is nie, gebed het die krag om wonderwerke oor afstande heen te verrig. Dit kan 'n opstandige kind wees wat in die buiteland woon, 'n moeilike baas in 'n ander stad, of hulpbronne wat uit 'n ander land vrygestel moet word. Jou gebed kan wondere verrig in daardie situasies wat skynbaar te ver is.

  • Krag oor tyd: Of dit nou die vrou is wat 12 jaar lank aan bloedvloeiing gely het, óf die vrou wat 18 jaar lank kreupel was, óf die man wat vir 38 jaar gestremd was, één woord van Jesus kon hulle binne minute herstel. Jou probleme het jou dalk jare aaneen geteister. Wees bemoedig. Jou gebed het die krag om oor die baie jare wat jy in slawerny deurgebring het te strek en herstel in jou lewe te bring.

  • Krag oor die natuur: Matteus 14:24-29 haal 'n baie interessante voorval aan: “Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom” (verse 24-25). Die rede waarom Jesus op die water kon loop, kom in vers 23 voor: “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid.” Die krag van Jesus se private gebedslewe is te midde van die storm verwesenlik.

Menslik gesproke het elkeen van hierdie probleme waarvoor Jesus in sy bediening te staan gekom het, onmoontlik gelyk. Vir Jesus was die oplossing egter voor die hand liggend. Wat met menslike vermoëns onmoontlik was, was moontlik deur die krag van sy gebed. Word vandag bemoedig! Wat vir jou onmoontlik lyk, is moontlik deur jou gebed!


Oordenking:


1. Lys die onmoontlike situasies in jou lewe.


2. Skryf 'n geloofsverklaring neer wat die omvang van God se mag verklaar oor elkeen van daardie onmoontlike situasies wat jy gelys het.


3. Op watter maniere wil jy saai om 'n stewige gebedslewe te handhaaf?


Gesels met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid