Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 3 VAN 14

JOU GEBED MOET GROTER AS JYSELF WEES


Ons gebede is dikwels 'n produk van ons lewenservaring – wat ons beperk. In teenstelling hiermee, verwag God van ons om volgens sy grootte te bid en nie ons grootte nie. Wanneer ons gebed groter as onsself is, sal God se antwoord selfs daardie groot, onverskrokke en gewaagde gebed oortref.


Die voorval van Jesus wat die 5 000 gevoed het, bied ons lewenslesse oor "God-grootte" gebede:


  • Elke probleem is 'n uitnodiging vir 'n onverskrokke God-grootte gebed:

Elkeen van ons probleme kan beskou word as saad vir groot wonderwerke in ons lewens as ons kies om hulle nat te lei met God-grootte gebede. Die dissipels het na die honger massas gekyk en paniekerig geraak weens hul gebrek aan hulpbronne. God beskou egter elke swakheid en ontoereikendheid as 'n geleentheid om sy groot heerlikheid te openbaar. Vandag, as jy voor gebrek of ontoereikendheid te staan kom, is jy God se perfekte kandidaat vir 'n wonderwerk.


  • God sal op jou wag om die probleem na Hom toe te bring

Jesus het van die situasie geweet, lank voordat die apostels dit aan Hom genoem het, maar Hy het gewag dat hulle die saak onder sy aandag bring. In hierdie voorval het die dissipels drie foute gemaak.


1. Hulle het gesloer om die probleem na Jesus te bring.


2. Hulle het probeer om die honger massas weg te stuur om sodoende die probleem te ontduik.


3. Hulle was bekommerd oor die enorme hoeveelheid hulpbronne wat nodig was om in die skare se behoeftes te voorsien.


Terwyl hulle nog bekommerd was, uitgestel om na Jesus te gaan en die probleem te deurdink, het Jesus geduldig vir hulle gewag om die probleem na Hom toe te bring.


  • Moenie toelaat dat jou wêreldse wysheid vir God beperk nie:

Filippus het vir Jesus gesê: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?” Dit was Filippus wat uit sy eie ervaring en kennis opgetree het. Baie keer, wanneer ons in ons eie wêreldse wysheid optree, fokus ons op die onmoontlikheid van die situasie en vergeet van God se heerlike krag wat in die verlede al verwesenlik is. God hou baie daarvan as ons nie op ons eie begrip steun nie en Hom eerder soos 'n kind vertrou.


  • Dank by voorbaat:

Jesus het die brood opgetel en die Vader gedank. Hierdie daad van dankbaarheid het die rykdom van God se heerlikheid vrygestel. Ons dankbaarheid het die krag om deure na wonderwerke oop te maak.


Om God-grootte te bid, maak nie sin nie, dit maak wonderwerke. God spesialiseer in dinge wat menslik onmoontlik voorkom. As jy ooit die woord "onmoontlik" gebruik, luister na die laggie uit die hemel!


Nadenke:


1. Wat is die probleme wat jy nalaat om onder God se aandag te bring?


2. Wat is daardie situasies wat jy probeer vermy?


3. Skryf 'n God-grootte gebed neer wat die mees onmoontlike situasie in jou lewe kan verander.


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid