Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 2 VAN 14

ONGEKENDE GEBEDE BRING ONGEKENDE WONDERWERKE


Ons het almal miljoene kere al van Jesus se eerste wonderwerk gelees. Jesus en sy dissipels is na 'n bruilof in Kana genooi. Weens 'n foutiewe berekening deur die gashere, het die wyn opgeraak. Klink dit nie heeltemal oorbekend nie? Een of ander skielike wending van sake, een of ander onverwagte probleem wat opduik en ons loop ons dikwels in 'n tydperk van ernstige tekorte vas.


Hierdie kinkel in die kabel by die bruilofsfees in Kana sou 'n baie slegte einde gehad het, as dit nie vir die onverskrokke gebed van Maria was nie. As Maria nie die probleem na Jesus toe geneem het nie, sou die troue geëindig het met baie ontevrede gaste en verleë familielede. Maria se onverskrokke gebed het die situasie tot 'n huweliksfees verander waarin 'n ongekende, geskiedkundige wonderwerk gebeur het. Hier is 'n paar gedagtes om uit Maria se onverskrokke gebed te onthou:


  • Hou op om krities te wees en neem jou probleem na Jesus toe. Ons moet ophou om die "hoekom's" en die "hoe's" van ons omstandighede te ontleed. Maria kon die blaam-speletjie gespeel het, of sy kon op die kantlyn oor die probleem geskinder het. Tog het sy dit wyslik net na Jesus geneem.
  • Onverskrokke gebede moet gevolg word deur onverskrokke gehoorsaamheid: Om die ses waterkanne met water te vul het geen sin gemaak nie. Maar, as onverskrokke gebede beantwoord moet word, kan God ons vra om 'n paar ongewone stappe te neem. In hierdie situasies kan gehoorsaamheid aan God dwaas en irrasioneel lyk, maar dit is 'n sekere weg na beantwoorde gebede.
  • Onverskrokke gebede moet gevolg word deur onverskrokke geloof: Die water in die kruike het nog nie in wyn verander toe Jesus die kelners gevra het om dit aan die seremoniemeester te bedien nie. Baie keer verwag God van ons om in geloof uit te gaan, sonder om ag te slaan op die "wat-as" wat ons gedagtes na ons toe gooi. God doen net ongekende wonderwerke wanneer ons God met onverskrokke geloof volg.

  • Die onverskrokke wonderwerk: Wanneer hierdie tipe wonderwerk verwesenlik word, sal niemand weet waar dit vandaan kom nie. Ons fokus dikwels net op die beter kwaliteit van die wyn wat die tweede keer bedien is. Tog, besef ons dat Jesus sowat 818 liter wyn vir hulle voorsien het?! God het hulle meer as genoeg gegee.

Is jy gereed om vandag 'n paar onverskrokke gebede te bid?


Nadenke:


1. Lys die moeilikste tye in jou lewe en jou oorheersende emosies en optrede in daardie tye.


2. Skryf die areas van jou lewe neer waar 'n ongekende beweging van God jou na 'n ander dimensie kan verplaas.


3. Vra God jou om 'n paar "dapper en moedige geloofskuiwe" te maak? Indien wel, skryf dit neer en maak 'n lys van die vrese wat jy mag hê om in geloof uit te tree.


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid