Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 5 VAN 14

GEBEDE WAT ONVERSKROKKE EG IS


Nou is dit tyd om dieper te delf. Waarom het ons dikwels die impuls om dinge vir God weg te steek? Ons betaal vir terapiesessies om ons gedagtes te verwoord, maar ons vind dit dikwels moeilik om 'n openhartige gesprek met ons Skepper te hê – Hy wat intiem bewus is van elke gedagte wat ons dink. God is opsoek na mense wat met onverskrokke egtheid in hul gesprekke met Hom sal wees.


Wat beteken dit om onverskrokke eg in ons gebede te wees?


  • Laat jou oorgawe opreg wees:

Kom ons kyk na die verhaal van die verlore seun. Toe Hy na sy Vader teruggekeer het, was sy woorde eg en opreg: “Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie” (Lukas 15:21). Toe die verlore seun homself met integriteit en opregtheid oorgegee het, het die vader gehardloop om hom te omhels, nuwe klere aan te trek en fees te vier.


  • Laat jou versoeke eg wees:

Dawid is eg in sy gebed toe Absalom hom agtervolg het: “Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het die aanval van die goddeloses afgeslaan” (Psalm 3:8). Soms is die bedoelings van ons harte baie anders as wat ons in gebede sê. Ons harte is woedend, terwyl ons in ons gebede woorde van genade probeer voortbring. Sulke tye is ons geneig om te vergeet dat God verby die mooi front kan sien wat ons voorhou. Wanneer ons voor moeilike situasies en lastige mense te staan kom, is dit belangrik om die strydende emosies in ons harte voor God te erken en dan by God om genade te vra om die onstuimigheid op 'n gelowige wyse te hanteer.


  • Laat jou liefde opreg wees:

Wanneer ons uitdrukking aan ons liefde vir God gee, is ons geneig om ander na te maak. Moenie ander namaak as jy God prys nie. Ons sien 'n prentjie van ware liefde teenoor God wat in Lukas 7:38 openbaar word: “En gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf.” Woorde van liefde beteken niks as dit nie in dade oorgaan nie. Bly onverskrokke in jou gebedslewe wanneer jy uitdrukking van jou liefde aan God gee.


Matteus 6:5 stel dit so: “Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.” God wil hê ons moet opreg bid.


Nadenke:


1. Wat is daardie dinge wat jou verhinder om eg in God se teenwoordigheid te wees?


2. Hoe kan jy meer opreg en doelbewus wees in jou uitdrukking van liefde teenoor God?


3. Hoe lank is dit sedert jy 'n openhartige gesprek met God gehad het?


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid