Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 6 VAN 14

GEBEDE WAT GOD VERHEF


Daar is twee soorte mense in hierdie wêreld — dié wat ’n berg van ’n molshoop maak en dié wat met 'n geweldige uitroep van lofprysing en aanbidding die grootste berge in hul lewens uitdaag. Kom ons kyk vandag na Maria se verhaal.


Geskiedkundiges sê dat sy ongeveer 16 jaar oud was toe sy deur die Heilige Gees swanger geraak het. Destyds kon Maria, wat buite die huwelik swanger geword het, deur klippe doodgegooi word. Te midde van die chaos, het Maria die Here nogtans verheerlik. Maria het in wese gesê: "Ek het geen benul hoe ek die tydperk van chaos in my lewe gaan hanteer nie, maar ek weet dat my God veel groter as die spanning en onstuimigheid van hierdie lewenstydperk is."


Kom ons kyk na drie redes wat ons verhoed om God te verhef:


  • Ongeloof:

Die kinders van Israel is 'n uitstekende voorbeeld van lewens deurdrenk met ongeloof. Hulle het in die voortdurende lig van God se wonderwerkende krag gelewe, maar tog het hulle gekies om Hom die hele tyd te verontagsaam en te bevraagteken. Psalm 78:20 sê: “Hy het wel teen 'n rots laat slaan en die waters het gevloei, spruite het gestroom; maar sou Hy ook brood kon gee en vleis aan sy volk kon voorsit?” Wanneer ons die vraag vra of God in staat is om iets te doen, kies ons in werklikheid om sy krag te verhinder en ons probleem te vergroot.


  • Ongehoorsaamheid:

Gehoorsaamheid verheerlik God, maar wanneer ons nie onsself aan God se leiding en beginsels onderwerp nie, vererger ons doelbewus die probleme in ons lewens. Ons kan nie voortgaan in rebellie en ongehoorsaamheid en dan verwag dat God met sy heerlikheid in ons lewens sal ingryp nie. Israel se voortdurende rebellie het God nie net getart nie, maar veroorsaak dat hulle aan die onderdrukking van die vyand verkoop is.


  • Ontevredenheid:

'n Gemor verminder die waarde van alles wat God ons gee. Die kinders van Israel het baie probleme op hulleself gebring, bloot omdat hulle aanhou brom het oor die minste teken van 'n probleem. Hulle het nooit gekies om na te dink oor die wonderlike maniere waarop God voortdurend vir hulle gesorg het nie. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat 'n hele geslag nie die beloofde land kon binnegaan nie.


Wanneer ons kies om die Here in alle omstandighede te verhef, versterk ons sy voorsienigheid, beskerming en mag oor ons probleme. Dit is presies wat Maria gedoen het. Sy het aangehou om die krag van God oor haar situasie te verklaar. Wanneer ons God verhef te midde van ons probleme, sal Hy die oënskynlik hoë berge in ons lewens platvee.


Nadenke:


1. Skryf die drie hoof klagtes in jou lewe neer en weerspreek dit dan met 'n geloofstelling of 'n belofte wat God vir jou gegee het.


2. In watter areas van jou lewe het jy gehoorsaamheid aan God uitgestel of ontken?


3. Dink 'n kort koortjie uit waarmee jy God kan verhef.


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid