Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 4 VAN 14

BUITENSPORIGE DANKSEGGING ONTHUL BUITENSPORIGE WONDERWERKE


Dit klink dalk baie dapper om in alle omstandighede dankbaar te wees terwyl jy in hierdie “niks-beïndruk-my-nie”-geslag leef. In ons wêreld voer arrogansie en 'n selfbehepte leefstyl deesdae hoogty en daarom raak 'n dankgebed die hart van God ten diepste.


Waarom moet ons dankie sê? Om dankie te sê, bevorder 'n leefstyl van nederigheid en versterk ons vertroue in God en sy krag. Daarteenoor is 'n hart sonder dankbaarheid die teelaarde vir bitterheid en 'n selfbehepte lewe wat deur 'n voortdurende klaende tong geopenbaar word.


Hier is dus 'n paar redes waarom danksegging die onverskrokke gebed kan wees wat jou wonderwerk in werking stel:


  • Dankbaarheid bring openbaring:

Wanneer ons sonder ophou dankie sê vir dit wat ons nie kan sien nie, sal God openbaring bring. Een van die grootste aangetekende openbarings van Jesus se krag, was Lasarus wat uit die dood opgewek is. Ten aanskoue van die moeilikste omstandighede, het Jesus nie in sy gebed donderweer en weerlig opgeroep nie. Hy het eenvoudig net begin deur die Vader te dank ondanks die feit dat Lasarus dood en begrawe was. Die gebed van dankbaarheid was die dreuning wat die lewe in Lasarus se graf geopenbaar het.


  • Dankbaarheid is die kraginspuiting:

Die lewe kan soms oorweldigend raak. Wanneer die take voor ons uitdagend en uitputtend lyk, kan 'n dankgebed ons na 'n hoër vlak van krag en uithouvermoë lei. Die laaste aandete was 'n kleedrepetisie van alles wat binne die volgende paar uur met Jesus sou gebeur. Tog het Jesus die maaltyd begin deur die Vader te dank. Selfs te midde van sy angs het Jesus dankie gesê omdat Hy die krag geken het wat uit danksegging voortspruit.


  • Dankbaarheid is die groot vermenigvuldiger:

'n Dankgebed dien as 'n groot vermenigvuldiger. Toe Jesus duisende mense met karige hulpbronne moes voed, was die enigste gebed wat Hy gedoen het, 'n dankgebed. Dit was genoeg om oorvloed in die situasie te bring. Wanneer ons onverskrokke genoeg is om dankie te sê vir die klein dingetjies, seën God ons met oorvloed.


Dit is bekend dat God se onverskrokke mense buitensporig dankbaar is. As jy teëspoed in die gesig staar, onthou net: "Totdat God die volgende deur oopmaak, moet jy Hom in die gang loof." (Nicky Gumbel).


Nadenke:


1. Wat is die vyf belangrikste dinge waarvoor jy dankbaar is?


2. Watter klagtes vind jy moeilik om te laat vaar?


3. Skryf 'n dankgebed neer vir 'n wonderwerk wat jy verwag, maar nog nie sien gebeur het nie.


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid