Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 7 VAN 14

KLEIN GEBEDE KAN 'N GROOT VERSKIL MAAK


Jabes word dikwels die "wonderkind van geslagregisters" of die Bybel se "klein groot man" genoem. Na reël op reël van geslagsregister, kom die mini-getuigskrif van Jabes na vore as 'n vuurtoring vir die feit dat 'n klein gebedjie die krag het om ons lewens op 'n groeitrajek te plaas.


Hier is 'n paar lesse uit die kort gebed van Jabes:


  • Die klein fluisteringe van gebed kan jou lewe omkeer: Daar kan gevalle wees waar 'n groot gebed dalk nie moontlik is nie. In daardie moeilike situasies kan net 'n opregte en eenvoudige fluistering uit ons harte 'n groot paradigmaskuif in ons lewens teweegbring. Die klein pouses en sag gekerm uit die diepte van ons harte het die krag om die hele beloop van ons lewens te herskep. Jabes se opregte uitroep vir 'n deurbraak was geensins welsprekend nie. Sy klein opregte oproep om die goedheid van die Here in die land van die lewendes te sien, was genoeg om die rykdom van God se heerlikheid te ontketen.
  • Klein gebede kan groot visioene dra: Toe Jabes gebid het dat sy grondgebied vergroot moes word, het hy in wese gevra: "Vader, U het my geskape vir meer as wat ek nou het." God wil altyd ons invloedsfeer verbreed. Hy sê: “Maak 'n groter plek vir jou tent, strek jou tentdoeke wyer, moenie suinig te werk gaan nie." God wil hê ons moet om onsself kyk en sê: Maak langer die tentlyne en slaan die tentpenne dieper in, want jy sal na alle kante toe uitbrei.” God wil hê ons moet om onsself kyk en sê: "Ek is gebore vir meer as wat ek nou het." Moenie toelaat dat jou verstand jou terughou van alles wat God vir jou wil gee nie.

  • 'n Klein gebed kan God se magtige hand beweeg: Die hand van God is die noodsaaklikste komponent vir sukses in ons lewens. Ons mag kwalifikasies, skoonheid en geloofsbriewe tot ons beskikking hê, maar as die hand van die Here nie met ons is nie, sal ons nie op hierdie lewensreis suksesvol wees nie. Die hand van die Here stort seën, guns en invloed oor ons lewensreis uit. Jabes het dit erken en gevra dat die hand van die Here so met hom moet wees.

In 1 Kronieke 4:10b staan: “God het laat gebeur wat hy gevra het”.


Jabes se verhaal wat tragies begin het, het op 'n florerende noot geëindig, danksy die klein gebedjie wat die beloop van sy lewe verander het. Sy gebed skyn as 'n voorbeeld van God wat die buitensporige visioene, drome en wense verwelkom wat uit die klein fluisteringe van gebed voortkom.


Nadenke:


1. Watter buitensporige droom wil jy graag met God deel?


2. In watter area van jou lewe, wil jy hê dat God jou grondgebied moet vergroot?


3. Skryf 'n klein onverskrokke gebed neer wat jy dink die trajek van jou lewe kan verander.


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid