Leesplan inligting

Onverskrokke GebedeVoorbeeld

Wild Prayers

DAG 8 VAN 14

ONVERSKROKKE EENVOUDIGE GEBEDE


Ons is ingestel om aan gebed te dink as 'n voordrag of 'n vertoning van 'n persoon se geestelike standaarde. Die Bybel sê eintlik iets anders. Matteus 6:5 sê: “Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.” Die mees onverskrokke gebed wat ons kan bid, is een wat nie fokus op die uitbundigheid van 'n stortvloed of oordrywing van woorde nie, maar eerder daarop fokus om uit te druk wat binne die dieptes van ons harte eb.


Daar is drie elemente in 'n eenvoudige gebed wat onverskrokke resultate in ons lewens kan oplewer:


  • Kom alleen:

Jesus sê: “Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon” (Matteus 6:6). God hou daarvan om alleen by ons te wees. Hoekom wil God hê ons moet alleen met Hom wees?


- Hy wil hê ons moet onversteurde tyd met Hom deurbring.


- Hy wil hê dat sommige van ons gebede “ongehoord” in die ore van mense moet wees.


- Hy wil hê dat ons private tyd met Hom onopsigtelik moet wees.


  • Hou dit eenvoudig:

God word nie beïndruk deur “groot” woorde nie. Jesus sê: “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.”


Gebed is 'n "enige tyd, enige plek, enigiemand"-aktiwiteit. God soek nie 'n op- of voetskrif in ons gebede nie. God stel veral nie belang in werktuiglike gebede wat jy opsê nie, dié wat ritualisties, betekenisloos, onnadenkend en herhalend is nie. Gebede hoef ook nie lank te wees in 'n poging om God te oortuig van die gewig van die saak nie.


  • Moenie ander kopieer nie:

Jesus sê: "Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.” God stel nie belang in gebede wat van ander gekopieer word nie. Ons hoef nie groot predikers te wees om God se aandag te trek nie. Soms fokus ons daarop om die beste gebedspatroon te vind om God se aandag te trek, en vergeet dat ons hemelse Vader wil hê dat ons net soos 'n kind met Hom moet praat en kommunikeer.


Die kern van die saak is dat gebede wat onverskrokke en eenvoudig is, en vanuit 'n opregte hart uitgaan, direkte toegang tot die hart van die Vader het.


Nadenke:


1. Ondersoek die ritualistiese aspekte van jou gebedstyd.


2. Watter dele van jou gebed kompliseer jy?


3. Hoe kan jy jou een-tot-een tyd met God vermeerder?


Gesels 'n bietjie met God oor alles wat jy neergeskryf het.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Wild Prayers

Ons kom dikwels in die versoeking om slegs gebedsversoeke na God te neem wat reeds 'n geskiedenis het om beantwoord te word. God wag egter om ons omstandighede tot baanbrekende, geskiedenismakende wonderwerke aan te vuur...

More

Baie dankie aan Reenukumar wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: https://instagram.com/reenukumar

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid