Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 8 VAN 70

God se Verrassende Geaardheid



Soms lyk dit of God nooit ons gebede gaan beantwoord nie. Dit is hoe dit vir die mense van Israel gevoel het terwyl hulle op die Messias se koms gewag het. Toe Jesus kom, was Hy presies betyds. Tog het baie nie God se uiteindelike verskyning herken nie, omdat hulle op 'n Messias gewag het wat hulle en hul volk sou verhef — eerder as die Here self. 



Christus het gekom om 'n lewe te bied wat die wêreld nie kan bied. Hy kon gewapen gekom het met die oneindige krag van die hemel. In plaas daarvan het Hy verkies om in nederigheid te kom, 'n baba wat tussen diere gebore is. Tog het sy onverwagte lewe van diensbaarheid aan ons die volmaaktheid van God se onvoorwaardelike liefde vir die mensdom geopenbaar.



Aktiwiteit: Die volgende keer as jy gaan uiteet, verras jou kelner met 'n groter as die gewone fooitjie. As dit nie 'n opsie is nie, laat 'n besonder bemoedigende, persoonlike briefie.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid