Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 13 VAN 70

Sy Hoër Doel



Dit is dikwels in tye van groot teleurstelling wat God ons geleenthede bied om sy hoër doel vir ons lewens te ontdek.



'n Rukkie na Maria se verlowing aan Josef, het sy na hom toe gekom met ondenkbare nuus. Sy was swanger — en sy het beweer dit was die gevolg van 'n groot wonderwerk. Josef se hart moes verpletter gewees het. Daar was geen goeie opsies nie — trou met 'n onregverdige vrou en dra die blaam óf bring die vrou vir wie hy omgee en respekteer, in die openbaar in die skande. Hoe kon God enigiets te doen hê met hierdie vreemde gebeure?



Terwyl Josef daardie nag probeer slaap het, het 'n engel hom vertel om Maria te glo en haar heelhartige vennoot te word as die aardse ouers van God se Seun. Josef kon met ongeloof of bitterheid gereageer het. Tog het God deur sy geloof 'n onvergelykbare hoër doel bereik wat die mensdom vir ewig sou seën.



Aktiwiteit: Staan vandag tyd af om 'n gunsteling storieboek vir 'n kind in jou lewe te lees.


Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid