Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 11 VAN 70

Historiese Verlossing



Die boek Matteus, begin met die belangrikste stamboom van alle tye: die geslagsregister van Jesus Christus. Al is Matteus se lys verkort, gee dit vir ons 'n kragtige prentjie van Jesus se aardse familie.



Die oorspronklike Joodse gehoor sou met al hierdie vername name bekend gewees het. Matteus wou beklemtoon dat Jesus uit die Heilige Gees gebore is — en ook in 'n wanordelike, menslike familie by wie God deur die geskiedenis betrokke was. Jesus het gestam uit helde en gewone, ongekunstelde mense, pioniers en vlugtelinge, verloste prostitute en onbekeerde konings.



Die lyste van name mag baie en onuitspreekbaar voorkom, maar in hierdie lys is verhale van God se liefde en krag, met verlossing geweef deur ontelbare drade wat uiteindelik uitloop in Jesus as die hoogtepunt.



Aktiwiteit: Maak 'n lys van al die dinge wat God die afgelope jaar vir jou gedoen het. Prys die Here vir elke spesifieke manier waarop Hy vir jou gesorg het.


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid