Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 12 VAN 70

Reageer op God



Maria en Josef se verlowing was waarskynlik iets waarvoor hulle gesinne lankal gebid het. Albei was afstammelinge van koning Dawid — 'n perfekte verbintenis wat albei families 'n rede sou gee om oor bly te wees. Skielik het God egter hul viering onderbreek. 



Die skielike verskyning van die engel in Maria se verhaal, het haar geen tyd gegee om vir sy boodskap voor te berei nie: Sy het by God guns gevind en sou aan sy Seun geboorte gee — al was sy nog 'n maagd. Sy moes 'n warboel van emosies ervaar het — buiten haar verwondering, moes gedagtes van wat haar familie en die gemeenskap sou dink, in haar gedagtes gemaal het. Maria moes besluit: Sou sy inval by God se plan, een wat op die oog af onmoontlik en vreesaanjaend gelyk het?



Maria se moedige en nederige reaksie baan 'n weg vir elke gelowige. Wanneer ons aan God se onderbrekings oorgee, kan ons rustig wees in die wete dat Hy altyd 'n hoër doel vir ons lewens het.



Aktiwiteit: Maak dit 'n gesinsprojek om navorsing te doen oor hoe verskillende kulture Kersfees vier. Oorweeg dit om nuwe tradisies aan te neem.


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid