Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 1 VAN 70

Onthou Wie Hy Was



God hou baie van herdenkings. Regdeur die Bybelse geskiedenis sien ons dat Hy betekenisvolle gebeurtenisse met 'n monument bevestig — of 'n jaarlikse fees uitvaardig om 'n spesifieke tyd, toe Hy sy ongelooflike, reddende krag en liefde aan sy mense getoon het, te herdenk.



Hoekom is dit belangrik om sulke vieringe te onderhou?



God wil hê dat ons sal onthou wie Hy is en 'n dieper insig kry van wat Hy vir ons gedoen het. Hy weet dat ons 'n gebeurtenis met ons liggaam en siel moet ervaar om dit ten volle te verstaan.



Tydens Kersfees het gelowiges die geleentheid om 'n wonderlike gebeurtenis te herdenk en te vier: toe God mens geword en aarde toe gekom het om vir ons die weg terug na Hom te wys.



Aktiwiteit: Skryf 'n bemoedigende brief aan iemand in die gewapende magte wat Kersfees weg van die huis af gaan wees. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid