Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 6 VAN 70

Sy Begeerte Is Na Ons  



Jesus was God nog voor die begin van alle tye — Hy was die Woord waardeur alle dinge ontstaan het. Hy was in die tuin saam met Adam en Eva. Sy hart was stukkend as gevolg van sonde se eerste slag van geweld wat die intieme band tussen Hom en sy geliefde skepping verbreek het.



Regdeur al die eeue heen het Hy aanskou hoe sy mense sukkel. Hy het hulle vrygemaak en deur die woestyn gelei. Hy het begeer dat hul verlange na Hom alleen sou wees, maar hulle harte was ver van Hom af terwyl hulle waardelose, mensgemaakte afgode aanbid het.



Dink na oor hoe Jesus jaar-in en jaar-uit vanaf die hemel gekyk en gebid het. Dink dus hoe bly Hy was met die volheid van tyd toe Hy as ons Redder na ons toe kon kom.



Aktiwiteit: Nooi jou bure oor vir koffie en 'n kuiertjie.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid