Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 5 VAN 70

Die Menswording



Die bekendste gedeelte van Michelangelo se meesterstuk teen die plafon van die Sistynse Kapel, word "Die Skepping van Adam" genoem. Adam leun teen 'n rots en God, wat in die wolke verby beweeg, strek sy kreatiewe vinger na die eerste man uit. Terselfdertyd strek Adam sy vinger na God toe uit en hulle vingers raak amper aan mekaar — maar nie heeltemal nie.



Vergelyk hierdie beeld met die skoonheid van die menswording: God wat mens word, nie net om naby sy skepping te wees nie, maar ook om soos een van hulle te leef, ten volle mens en ten volle Goddelik. Die woord "menswording" klink dalk soos 'n formele teologiese woord, maar dit is in werklikheid 'n woord wat ongelooflike intimiteit verteenwoordig.



Jesus was eers 'n baba, toe 'n kind, 'n tiener en daarna 'n volwasse man — dit alles sodat Hy Homself heeltemal op alle vlakke met ons kan vereenselwig. Daar is geen offer wat met Syne vergelyk kan word nie.



Aktiwiteit: Bring 'n bietjie tyd alleen in die natuur deur. Dink na hoe Jesus se aardse lewe Hom in staat gestel het om Hom met jou te vereenselwig, net daar waar jy is.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid