Leesplan inligting

Reis Na Die KripVoorbeeld

Journey To The Manger

DAG 2 VAN 70

Jesus Was God se Belofte



Profeet na profeet het die Messias se koms voorspel. Baie van Israel se gebruike en feeste was maar skaduwees van die werklikheid wat sy verskyning sou bring. Nogtans, soos die eeue verbygegaan het, het die lewe soos gewoonlik verloop, sonder dat die Goddelike belofte waar geword het. Was God se woorde aan sy mense net leë beloftes? Was al die profete verkeerd? Was die mens bestem om in die kettings van sonde en slawerny te leef?



Toe, op 'n dag wat net soos enige ander begin het, het die langverwagte Goddelike belofte waar geword, in die vorm van 'n baba wat die lot van die mensdom sou verander. Vir almal wat steeds vir Hom gewag het, het Jesus stil en sonder trompetgeskal gekom. Tog, op sy geboortedag het die wêreld 'n diepgaande verandering ondergaan. Niks sou ooit weer dieselfde wees nie.



Aktiwiteit: Dink na oor jou getuienis. Skryf die spesifieke maniere neer waarop jou lewe verander het toe jy Jesus aanvaar het. Deel dit met 'n mede-gelowige, om hul geloof te versterk.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Journey To The Manger

Op 'n stil nag, meer as 2 000 jaar gelede, het engele die nuus van die Verlosser se geboorte aan 'n groep herders gebring waar hulle skape opgepas het. Nadat hulle die nuus gehoor het, het hulle alles net so gelos om 'n ...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv18 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid