Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 1 VAN 12

Een geringe besluit vandag kan 'n groot invloed hê op môre. Heel moontlik kan jy nou aan iets dink wat jy weet God graag by jou verhaal wil voeg. Dink daaraan wat sal gebeur as jy vanaand onthou om te vlos of môreoggend oefeninge te doen of Sondag kerk toe te gaan of tyd saam met 'n geliefde deur te bring.



Dit neem nie altyd 'n lang tyd om groot veranderinge in jou lewe te sien nie. Watter verhaal glo jy wil God hê jy oor vyf of tien jaar moet vertel? Wat wil God hê dat jy moet begeer? Skryf jou gedagtes neer oor wat jy glo God vir jou toekoms wil hê. Jou idees hoef nie perfek te wees nie. Jy hoef nie nou al uit te voer wat jy neerskryf nie. Skryf net jou eerste gedagtes op papier neer.



Na aanleiding van wat jy glo God wil hê jy moet begeer, watter dissipline moet jy nou begin om in daardie rigting te kan beweeg? Kies een ding. Jy sal in die versoeking kom om drie, vier, of selfs tien te kies, maar moenie. Kies net een ding. As jy meer as een ding kies is die moontlikheid daar dat jy niks sal bereik nie. As jy egter net een kies, kan jy beslis die verhaal begin skryf wat God wil hê jy moet skryf.



Kragbou: Vader, wys my hoe U wil hê dat ek hierdie jaar moet groei. Gee my die wysheid en onderskeiding om te weet hoe om my gewoontes, keuses en roetines op daardie een area van verandering te fokus.


Kom meer te wete oor Craig Groeschel se hulpmiddels. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid