Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 12 VAN 12

Wanneer ek oor die wyse manne dink, is ek verbaas hoe gewillig hulle was om hulle lewens te onderbreek om op 'n soektog te gaan om die baba Jesus te vind. Hulle was seer sekerlik belangrike leiers in hulle stamme en nasies, en het seker belangriker dinge gehad om te doen as om die wêreld vol te reis agter 'n ster en 'n baba aan. Dis egter presies wat hulle gedoen het. Sommige geleerdes vermoed dat die wyse manne maande, dalk selfs jare, gereis het om die pasgebore Koning te vind.



Ek wonder hoe dikwels ons God se uitnodiging misloop om Jesus te ervaar, net omdat ons nie gewillig is om ons daaglikse lewe en normale roetine te onderbreek nie. Ons is dikwels te besig, veral gedurende die Kersvakansie, om bewus te wees van die geleenthede wat elke dag oor ons pad kom. In plaas daarvan dink ons: "Ag, ek het nie tyd om die bure na ons Kersdiens uit te nooi nie. Hulle mag dalk wil saamgaan, maar dan moet ek saam met hulle gaan en kom dan laat by die kantoorpartytjie aan. Dit herinner my, ek moet nog 'n geskenk vir my baas gaan koop."



Wil jy regtig die geleentheid misloop om deel te wees van wat God besig is om in ander mense se lewens te doen?



God se onderbrekings is dikwels uitnodigings na iets meer beduidend. Moenie vandag die seën misloop om deel te wees van God se plan, omdat jy te besig is nie. Laat God se Gees toe om jou planne te onderbreek en jou die vreugde van gee te laat ervaar.



Kragbou: Here, hierdie tyd van die jaar kan so besig raak, dat ek uit die oog verloor wat die rede is hoekom U Uself verneder en aarde toe gekom het. Help my om myself los te maak van my planne, sodat ek ander met u liefde kan seën.


Kom meer te wete oor Craig Groeschel se hulpmiddels.


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid