Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 8 VAN 12

Ek het al op baie motors 'n plakker gesien wat my laat lag het. Dit sê: "God maak nie gemors nie!" (Dis ironies dat, elke keer as ek die plakker sien, is dit op 'n ou tjor.) Dis egter waar: wanneer jy in Christus is, het God nie iets nikswerd gemaak nie!



Jy is God se meesterstuk, geskape vir die Meester se doel. Die rede hoekom dit belangrik is dat jy dit glo, is omdat, wanneer jy weet wie jy is, jy sal weet wat om te doen. Anders gaan jy in die versoeking kom om die byname wat ander aan jou gee te aanvaar en met minder tevrede wees.



In Christus is jy spesiaal, die Meester se skepping, geskape vir die Meester se doel. Die Griekse woord wat as "meesterstuk" vertaal word, hier in Efesiërs 2:10, is poiema (pooi-hy-ma). Om "God se poiema" te wees, beteken letterlik om 'n "werk te wees wat deur God gemaak is." Die Engelse woord "poem" word ook hieruit afgelei en daarom dink ek graag aan ons as pragtige gedigte.



In Christus behoort jou lewe 'n poëtiese verklaring van God se heerlikheid te wees. Die meesterlike Kunstenaar ontwerp elkeen van ons se lewens om inmekaar te pas soos in 'n legkaart, om 'n groter prentjie, 'n massiewe lewendige tapisserie van verweefde mense te wees. Soms, afhangende van waar jy staan, kan jy nie sien waar jy inpas nie. As jy net 'n tree agteruit neem en dit vanuit God se perspektief bekyk, sal jy die hele meesterstuk sien, die volmaakte handewerk van God.



Kragbou: Vader, help my om te onthou dat ek u meesterstuk is, so uniek en so pragtig soos 'n gedig. Ek is nie wie ander sê ek is nie, maar wie U sê ek is. My identiteit word deur U bepaal.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid