Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 6 VAN 12

Toe my seun Bookie maar nog net 'n kleuter was, het ek gesien hoe hy op ons voorstoep spring en van vreugde gil. "My vliend! My vliend!" (vriend) het hy uitbundig geskree en van plesier in die rondte gedraai.



Toe ek kyk waarnatoe hy wys, het ek 'n speelding gesien wat deur een van die ouer kinders op die rand van die stoep gelos is. Toe ek egter nader beweeg, sien ek sy "vliend" begin kriewel en geluide maak — dit was 'n klein ratelslangetjie! Ek het Bookie gegryp en na 'n veilige plek geneem sodat ek met sy "vliendjie" kon afreken.



Ek sal nooit daardie oomblik vergeet nie, deels omdat dit terselfdertyd oulik en gevaarlik was. Dit skep egter ook 'n beeld van hoe ons ons dikwels vereenselwig met iets wat ons dink ons nodig het, iets waarvan ons sal hou, iets waarsonder ons nie kan lewe nie. Aan die begin is dit skadeloos, maar uiteindelik veroorsaak dit groot probleme in ons lewens. Ons soek na iets om ons behoeftes te bevredig en word dan in die versoeking gelei deur ons afhanklikheid van 'n namaaksel wat ons siele kan beskadig.



Niks wat tussen jou en jou groeiende passie vir 'n liefdevolle God kom, is die moeite werd nie. Hou aan stry. Moenie dat jou eie hart jou mislei nie. Fokus eerder op God.



Kragbou: Here, ek jaag dikwels dinge na wat ek hoop vervulling sal bring, en word dan teleurgestel as dit nie gebeur nie. Herinner my dat U die enigste een is wat die verlange in my hart kan vul.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid