Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 5 VAN 12

Sommige mense blameer vir ons gebrek aan opregte buurmanskap op die uitvinding van lugreëlaars. Voorheen het ons saans in die aandluggie op ons voorstoep gesit om af te koel. Ons sou vir ons bure waai en gaan kuier met 'n glas suurlemoensap. Sedert lugreëlaars ingesit is, kan mense binnenshuis bly en hoef nie met hulle bure te gesels nie.



Motorhuise wat teen ons huise gebou is, help nog minder. In plaas daarvan om vanaf ons opritte en aangrensende motorhuise ons buurman te groet, trek ons net in, maak die deur toe en gaan die huis binne. Heinings, ommuurde woonareas en stemboodskappe beklemtoon die feit dat ons alleen gelaat wil wees. Dis nie nodig om met iemand te gesels nie, dus doen ons dit nie. Deesdae gesels mense aanlyn en kommunikeer deur middel van sosiale media en hoef dus nooit naby mekaar te kom nie. Jy kan selfs jou inkopies aanlyn doen.



Jesus het egter altyd tyd vir mense gehad. Hy het met hulle gepraat, vir hulle kos gegee, hulle gesond gemaak en hulle vergewe. Dikwels het Hy in fisieke behoeftes voorsien, sodat Hy aan hul geestelike behoeftes kon aandag gee. As ons te besig is om met die mense om ons te gesels, of selfs by hulle probleme betrokke te raak, volg ons nie Christus se voorbeeld nie. Dan loop ons ook die seën mis wat daaruit voortspruit om ander lief te hê en hulle te dien.



Maak vandag 'n punt daarvan om met iemand te gesels wat jy elke dag sien, maar nog nie beter leer ken het nie.



Kragbou: Here, dis maklik om verskonings te maak hoekom ek nie elke dag met meer mense gesels nie. U herinner my egter daaraan om u liefde aan almal wat ek teëkom, te bewys. Gee my wysheid om te weet wanneer om my program te onderbreek om die mense om my te seën.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid