Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 4 VAN 12

Jare gelede was my vrou Amy, se broer David, baie siek. Hy was in die hospitaal en ons het almal gevra om vir hom te bid — vir sy gesondheid, genesing en 'n volledige herstel. Vir weke aanmekaar het ons gebid en gebid. Na etlike maande het God vir David genees op 'n manier wat ons nie beplan het nie. My swaer, wat maar net 34 jaar oud was, het die aarde verlaat om by God in die hemel te wees.



My vrou het haar enigste broer verloor. My skoonouers het hul enigste seun verloor. Ons was platgeslaan en dit was moeilik om nie te wonder: "Waar was God in hierdie verhaal? Hoekom moes ons David verloor het?" nie.



Ek het met die begrafnisdiens gehelp en mense genooi om dié Jesus te leer ken wat David se lewe verander het en hom vrygemaak het van sy duistere verlede. Daardie dag het so baie mense "ja" gesê en Christus in hulle harte genooi, insluitend oom Blue, 'n groot ou en een van ons familie se gunstelinge.



Onlangs het ek en Amy teruggedink aan die positiewe rimpeleffek wat ons in so baie lewens kon sien — net omdat God nie ons gebede beantwoord het soos ons dit wou hê nie. "Sal jy alles wat gebeur het in ruil gee om jou broer terug te kry?" het ek gevra. Sonder aarseling het sy gesê: "Glad nie. Wat God deur ons verlies gedoen het, is groter as enigiets wat ek my kon voorstel."



God se wil maak saak te midde van ons gebede. Jy kry nie altyd wat jy wil hê, wanneer jy dit wil hê nie. Jy kan egter altyd in geloof wandel en op God se wil vertrou.



Kragbou: Dierbare Vader, daar is so baie dinge oor u weë wat ek nie verstaan nie. Help my vandag om in gelóóf te wandel en nie deur te síén nie. Help my om op u volmaakte, heilige plan vir my lewe te vertrou.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid