Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 7 VAN 12

Toe ek grootgeword het, het dit vir my gelyk asof elke grootmens rook. Ek het nooit besef watter invloed dit op my gehad het nie, tot ek universiteit toe gegaan het. Toe ek na 'n paar weke weer by die huis kom, het ek gedink: "Sjoe, hierdie plek ruik darem na rook! Dis 'n wonder dat ek dit nie voorheen opgelet het nie." Toe het ek weer geleidelik daaraan gewoond geraak en nie weer daaraan gedink tot ek Sondag teruggekom het in my koshuiskamer nie.



Toe ek by die kamer instap, het my kamermaat gesê: "Ou maat, uit is jy! Jy stink na rook. Waar was jy — in 'n skoorsteen?"



Skielik het ek besef wat aan die gang was. Vir die afgelope agtien jaar het ek in 'n rookgevulde omgewing gewoon en nie besef watter invloed dit op my gehad het nie. Ek was 'n passiewe roker, ek het gif ingeasem en dit het my beïnvloed sonder dat ek dit besef het.



So dikwels beïnvloed ons kultuur ook ons siele op dieselfde manier. Ons asem gifstowwe in wat ons gedagtes en harte vul en ons traag maak. Na 'n ruk kom ons dit nie eers meer agter nie en gaan maar saam met die stroom, doen wat al die ander mense doen en nie wat God wil hê ons moet doen nie.



As jy 'n sterker verhouding met Christus wil bou, moet jy anders leef. Jy moet sy weë volg en nie die skare s'n nie. Jy moet die invloed wat dié rondom jou op jou geloof uitoefen, herken.


Kragbou: Dankie Vader, dat U my na 'n lewe roep wat anders is as die wêreld s'n. Help my vandag om raak te sien op watter maniere ek deur geestelike besoedeling beïnvloed is.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid