Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 9 VAN 12

Ek hou baie van die ou Popeye tekenprente. Jy weet seker van Popeye die matroos? Hy was definitief ons held en Brutus, sy aartsvyand, het gedreig om arme Olive Oil, Popeye se geliefde, kwaad aan te doen. In elke episode, na Brutus se geterg en geboelie, het Popeye 'n punt bereik waar hy dit nie meer kon hou nie. Hy gryp dan sy blik spinasie, eet alles op en ewe skielik is hy baie gespierd en deel net vuishoue uit. Brutus het nie 'n kans gestaan nie!



Ek is oortuig ons moet partykeer 'n "Popeye oomblik" kies. As ons vyand aanhou om ons aan te val en ons sukkel, moet ons 'n streep trek en dit uitbaklei. Tot sover en nie verder nie, dis tyd vir verandering.



Wat staar jou vandag in die gesig? Is jy oorwerk, loop jy die belangrikste in jou lewe mis? Sukkel jy met 'n verslawing en dink dat dit nie so erg is nie? Stel jy 'n gesprek uit in die hoop dat die probleem homself sal uitsorteer? Maak jy verskoning dat jy nie gewig kan verloor nie en maak grappies daaroor om die pyn te help verlig?



Dalk is dit tyd om op te hou. Kom tot 'n besluit. Genoeg is genoeg. Dis tyd vir verandering. Die goeie nuus is dat jou krag nie uit 'n blik spinasie kom nie. Jou krag kom van God af. Sy krag is tot jou beskikking. Sy krag is in jou. Sy gees sal jou help om te doen wat jy nie op eie stoom kan doen nie.



Kragbou: Dis genoeg, Here. Ek is moeg daarvoor om die versoeking te weerstaan en telkens weer in te gee. Help my om te verander — help my om nou te verander!


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid