Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 3 VAN 12

Soms word ek in die middel van die nag wakker en kan nie weer aan die slaap raak nie. Ek dink aan die afsprake, verantwoordelikhede en verpligtinge van die volgende dag. Ek bekommer my oor my kinders, vriende en gemeentelede. Wanneer dit lyk of alles met almal goed gaan, bekommer ek my daaroor dat ek aan niks kan dink om oor bekommerd te wees nie! Die beste ding wat ek dan doen, is om te bid oor alles wat my terneergedruk laat voel.



Soms sê mense: "Al wat ons nou kan doen is om te bid." Dis 'n versoeking om gebed net as 'n laaste uitweg te sien. In der waarheid is gebed die eerste ding wat ons moet doen.



Almal van ons het so baie mense wat van ons afhanklik is, wat kan veroorsaak dat dit moeilik is om sterk genoeg te voel om alles te doen wat gedoen moet word. Ons wil vas bly staan in die geloof, maar ons raak moeg en uitgeput. Dis wanneer ons om hulp moet roep, net soos die psalmdigter in vandag se vers. Ons moet ons hoop in die beloftes van God se woord plaas.



Wanneer jy vroeg wakker word omdat jou gedagtes en hart ontsteld is, kan jy rus vind in dit wat jou Vader belowe het. Hy is by jou en sal jou nooit in die steek laat nie. Hy is in beheer en toegewy daaraan dat jy sal groei ter wille van sy goeie doeleindes. Jy hoef nie alles te doen wat in jou gedagtes rondmaal nie.



Vandag kan jy rustig wees in die wete dat jou hoop in God is en nie in jou eie pogings nie.



Kragbou:Vandag bring ek my laste na U toe, Here, en vertrou dat U alles wat my belas, en nog meer as dit, kan hanteer. My hoop is in U en ek vertrou u tydsberekening om in my behoeftes te voorsien en my te wys wat ek volgende moet doen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid