Leesplan inligting

Daaglikse Krag deur Craig Groeschel: Kos Vir Jou SielVoorbeeld

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

DAG 2 VAN 12

Een les wat ek oor oefening geleer het, is wat gebeur as ek vir 'n rukkie ophou. Gewoonlik is dit 'n besering of soms my besige program wat veroorsaak dat ek nie gimnasium toe kan gaan nie. Ek kan egter altyd die verskil agterkom as ek weer begin oefen.



Sonder oefening raak ons spiere slap. Hulle word tegelykertyd swakker en stywer. Sonder die voordeel van gereelde oefening kwyn ons spiere, totdat hulle ons nie meer kan dra nie, of nie die normale funksies kan verrig wat hulle eens op 'n tyd verrig het nie. Om gesond te bly, moet ons aan die beweeg bly en ons spiere op daardie manier stimuleer om sterker te groei.



Ons hartspiere werk op dieselfde manier, beide letterlik en figuurlik. Wanneer ons nie daagliks bid, gee, dien en liefhet nie, word dit al hoe moeiliker om aan God verbind te bly, om na ander mense uit te reik en die vreugde te ervaar wat ons ondervind as ons hulle dien.



Harte van klip versteen nie oornag nie. Hulle verswak geleidelik totdat ons met 'n hart sit wat so koud soos graniet is. Gereelde oefening laat ons toe om dieper lief te hê en met groter nederigheid te dien. Dit hou ons harte sag, vol deernis, lewendig en dankbaar.



Kragbou: Dierbare Here, ek wil hê my hart moet lewendig en sag wees, nie hard en koud nie. Help my om sensitief te wees vir die behoeftes van ander, al maak dit seer.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Daily Power By Craig Groeschel: Fuel For Your Soul

Weet jy hoe ons groei? Ons oefen daagliks. Die meeste mense besef nie dis die dinge wat niemand sien nie, wat die resultate verkry wat almal wil hê. Almal wil elke dag krag hê. Hierdie 21-dag Bybelleesplan uit pastoor Cr...

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid