Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 15 VAN 15

KOM VOOR KRITICI TE STAAN


Die apostel Paulus was geen vreemdeling vir kritiek nie. Wat die evangelie van Jesus Christus betref, stel sommige net nie belang nie. Jesus het gewaarsku dat dit nie maklik sou wees om Hom te volg nie — in der waarheid sal ons dikwels kritiek, belediging en selfs vervolging in die gesig moet staar as gevolg van ons geloof (Matteus 5:11). Dalk is dit net goedige gespot of openbare kritiek oor die manier waarop jy jou lewe leef. Miskien word jou sieninge as oud-modies, polities verkeerd of irrelevant beskou. Hoe reageer jy as ander mense jou geloof kritiseer? 


Toe Paulus Griekeland besoek het, het hy tyd deurgebring om met die intellektuele elite van die dag te praat. Nadat hy die waarheid oor Jesus verkondig het, het hy 'n uitdaging gebied: kom tot bekering. Met ander woorde, Paulus het gesê hulle moet wegdraai van hulle ou maniere van lewe, denke en geloof af en hulle na God toe wend. 


Wel, hierdie uitdaging is nie goed aanvaar nie. Dit blyk dat die meeste ongeïnteresseerd was en hom gespot het. Daar was egter 'n klein groepie wat meer wou weet. Selfs nog voor die naam van Jesus genoem is, was hierdie spesifieke groep geïnteresseerd om te sien waarheen hierdie gesprek sou gaan. Vanuit hierdie groep het 'n kleiner groep gekom wat die waarheid aanvaar en gelowiges geword het. 


Was Paulus se sending in Griekeland 'n mislukking? Is ons 'n mislukking as ons gespot word? Glad nie! Paulus, die bekende en suksesvolle sendeling in die kerkgeskiedenis, was suksesvol omdat hy onthou het dat ons almal na iets op soek is. Van die samelewing se elite tot die nederigste persoon sal nooit ware vreugde, vrede, betekenis en doel vind voordat ons nie op die een ware God vertrou nie. Wat sal jy dus doen as jou geloof gekritiseer word? Moenie toelaat dat vrees en verwerping jou laat stilbly nie. Wees dapper; wees soos Paulus.


Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid