Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 13 VAN 15

VIND GEMEENSKAPLIKE GROND


Die apostel Paulus het uit 'n baie tradisionele Joodse agtergrond gekom. Om kontak te maak met sy mede-Jode was vir hom bekende terrein. Die Ou Testament was immers gemeenskaplike grond. Paulus was egter ook suksesvol om met die heidene, die nie-Joodse gemeenskap, kontak te maak en die evangelie met hulle te deel. Kyk maar na sy reis na Griekeland. 


In Athene, die hoofkwartier van die Griekse kultuur, het Paulus te staan gekom teen 'n allesomvattende geloofstelsel — afgode en gode oraloor. Op een van die altare het Paulus hierdie inskrywing opgelet: "Aan 'n onbekende god". Dit klink dalk na 'n vreemde plek om 'n gesprek oor geloof te begin, maar dit was sy beginpunt om die evangelie te verkondig. Eerder as om hulle geloof dadelik te verdoem, gebruik Paulus hierdie spesifieke altaar om hulle van die een, ware God te vertel. Skielik het Paulus hulle aandag getrek. 


Die meeste mense word nie deesdae in 'n Christenhuis groot nie. Die meerderheid is deesdae onbelese wat die Bybel betref. Antieke Griekeland was nie anders nie. Hulle het nie die Bybel geken of wat dit oor Jesus openbaar nie. Paulus het hulle dus ontmoet waar hulle was; hy het op gemeenskaplike grond begin. 


Terwyl Paulus nie een enkele Skrifvers aangehaal het nie, het alles wat hy gesê het, uit die Woord van God gekom. Lees sy hele gesprek in Handeling 17:16-34. Jy sien, Paulus het gewys hoe ons God se verhaal aan 'n Bybels-ongeletterde kultuur kan verkondig, wat vandag net so toepaslik is. Dit begin deur gemeenskaplike grond te vind. 


Indien jy 'n Christen soos Paulus is, watter gemeenskaplike grond kan jy vind met jou kollegas by die werk, jou vriende of jou bure, om die goeie nuus van Jesus te verkondig? 


Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid