Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 12 VAN 15

WENKE OM JOU GELOOF TE DEEL


Filippus was 'n leier, 'n leraar en evangelis in die vroeë kerk. In Handelinge 8 lees ons van 'n klomp mense wat tot bekering gekom het. Die ontmoeting in Filippus se verhaal wat uitstaan, is nie die groot skare en genesings nie, maar eerder die oomblik toe Filippus op die aansporing van die Heilige Gees gereageer het en op 'n lang, woestynpad gaan loop het. Dis daar waar hy die invloedryke Etiopiër ontmoet het, wat uit die boek van Jesaja gelees het. Kort voor lank het Filippus hom in geloof gedoop, sommer daar langs die pad. 


Dis 'n wonderlike storie hoe om die Heilige Gees te herken en te vertrou al maak dit nie sin nie. Daar is 'n paar dinge wat volgelinge van Jesus van Filippus kan leer hoe om hul geloof met ander te deel. 



  1. Wandel met God, dan sal jy deur die Heilige Gees gelei word. Filippus was geheel en al aan God oorgegee. Hy het in God se wil gewandel en geleef. 

  2. Wees sensitief vir God se plan. Moenie toelaat dat bedrywighede jou 'n geleentheid laat misloop om 'n inspraak in iemand anders se lewe te hê nie. Gee aandag. Wees sensitief. Vra die Heilige Gees om jou te help om bewus te wees wanneer God aan die beweeg is. 

  3. Hoe meer Skrifverse jy ken, hoe beter sal jy toegerus wees. Filippus het die Skrifgedeelte (Jesaja 53) herken wat die man gelees het en kon vir hom die betekenis uitlê. Hoe meer ons die Skrif bestudeer, hoe beter kan die Heilige Gees ons help om vrae te beantwoord. 

  4. Vra of iemand tot geloof wil kom. As die antwoord "ja" is, lei hulle in 'n gebed om hul sonde teenoor God te bely en hul vertroue en geloof in Christus te verklaar. As die antwoord "nog nie" is, bied aan om saam met hulle te bid en maak 'n afspraak om die Woord te bestudeer en hul vrae deur middel van die Woord van God, asook jou geloofsreis, te beantwoord. 

  5. Die evangelie is vir almal. Ons almal het wonde en onsekerhede wat ons daarvan kan weerhou om op Christus te vertrou, maar die evangelie is vir almal: Jood, heiden, Moslem, ateïs en almal van elke vasteland. 

  6. Die doop getuig van ons geloof. Die Bybel leer ons dat die doop na 'n geloofsbesluit volg. 


Wanneer God jou roep om te gaan, te reageer of om Hom met ander te deel — sal jy? Filippus het en 'n man se lewe is vir ewig verander.


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid