Leesplan inligting

StorievertellersVoorbeeld

Storytellers

DAG 8 VAN 15

JESUS VIR DIE SWAKKELING


Wat beteken dit om swak te wees? Die swakheid waarna Paulus verwys, is meer as net 'n fisieke swakheid, maar eerder 'n morele en emosionele swakheid. Paulus praat hier oor ons stryde en ons kwesbaarheid. 


Die ergste ding wat Christene kan doen is om voor te gee dat hulle alles onder beheer het. Selfs die sterkste Christen het swakhede en stryde. Dalk is dit 'n morele stryd met wellus of pornografie; miskien 'n emosionele stryd met oorweldigende vrees, angs of depressie. Om eerlik te wees, ons almal sukkel op een of ander manier. 


Paulus sê ons kan na God gaan as ons bron van krag, wanneer ons ons swakhede erken. Hierdie kwesbaarheid verwyder enige oordeel wat iemand mag voel as gevolg van hulle eie stryde. In plaas daarvan ontmoet jy hulle waar hulle is, as gelyke, al verskil jou terreine van swakheid. Dis in daardie oomblikke van eerlike, opregte kwesbaarheid wat geleenthede geskep word om te deel hoe God se krag ons deurgedra het. 


Ons almal is in 'n stryd gewikkel; die enigste verskil is dat 'n volgeling van Jesus aan God se bonatuurlike krag kan vashou as dit gebeur. Dis 'n geskenk wat ons ontvang wanneer ons ons harte en lewens vir Jesus gee. Wat jou swakheid betref, sal jy kwesbaar genoeg wees om jou stryde te erken? Dis in ons swakheid wat God se krag helder skyn. DIT is die boodskap wat ons wil oordra aan diegene wat sukkel: Dit gaan nie oor my nie, maar wat God deur my doen. 


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Storytellers

Die Bybel is vol verhale en storievertellers. Hierdie reeks vertel van sommige van hulle, insluitend die beste storieverteller, Jesus. Dit gee ook uitstekende insigte oor hoe om in jou eie lewe 'n storieverteller te word...

More

Baie dankie aan "Right From The Heart" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.rightfromtheheart.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid